Die getal aktiewe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika daal steeds stadigaan en staan in hierdie stadium op 27 509 en 991 nuwe gevalle van die virus is bevestig.
Aktiewe gevalle:
KwaZulu-Natal: 8 330
Wes-Kaap: 5 341
Vrystaat: 4 505
Gauteng: 2 885
Noordwes: 2 509
Noord-Kaap: 2 032
Mpumalanga: 953
Limpopo: 693
Oos-Kaap: 261
Die herstelkoers is nou 94,8%. Altesame 1 522 697 mense het tot dusver positief vir die virus getoets, van wie 1 444 282 reeds herstel het, sê dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, in die jongste bywerking van die syfers.
Nog 103 nuwe sterftes is bevestig, wat die sterftesyfer weens Covid-19 op 50 906 te staan bring. Van die nuwe sterftes was twee in die Oos-Kaap, 28 in die Vrystaat, 28 in Gauteng, 24 in KwaZulu-Natal, ses in Mpumalanga en 15 in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in die ander provinsies aangemeld nie.
Altesame 118 247 gesondheidswerkers is teen Dinsdagaand teen Covid-19 ingeënt.



O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Ek dink mense het nou slimmer geword. Niemand laat die peperduur toetse doen as hulle nie dodelik siek is nie. Jy moet immers 2 toetse laat doen, so dit kos dubbel en lei tot ongemaklike vrae. Ek glo nie vir n oomblik net 1000 nuwe gevalle is reg nie. Kry net 1000 mense in SA gelyk verkoue?
Niemand gee om rakende die duisende tonne mediese afval wat genereer word. Groot hoeveelhede beland in die water en oseane. Plastiek mondbedekking disintegreer en die seelewe neem dit op. Koraalriwwe sterf af agv mondbedekking wat dit bedek. Ons eet later die vis wat die plastiek eet of drink water wat met mikroplastiek besoedel is. Die mens se irrasionele optrede verstom my. Ons maak meer omgewingsprobleme deur Covid-19 wat ons lewe op aarde minder volhoubaar en regverdig maak.