Covid-19-statistieke: Net-net meer as duisend nuwe gevalle

‘n Onderwyser by ‘n skool in Alexandra berei ‘n vertrek voor vir leerders wat positief vir Covid-19 toets. (Foto: Luca Sola/AFP)

Suid-Afrika se herstelkoers weens Covid-19 staan in hierdie stadium op 93%, terwyl 1 102 nuwe gevalle van die virus bevestig is.

Dr. Zweli Mkhize het Maandagaand gesê 1 391 155 mense het tot dusver van die virus herstel, nadat altesame 1 492 909 gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika bevestig is.

Nog 195 sterftes is bevestig. Hiervan was 25 in die Oos-Kaap, 11 in die Vrystaat, 58 in Gauteng, drie in KwaZulu-Natal, 30 in Noordwes, ses in die Noord-Kaap en 62 in die Wes-Kaap. Die land se sterftesyfer staan tans op 48 094.

Mkhize sê Suid-Afrika het tans 53 660 aktiewe gevalle van Covid-19.

Aktiewe gevalle:

Oos-Kaap            1 257

Vrystaat              7 434

Gauteng              5 246

KwaZulu-Natal   18 633

Limpopo              1 705

Mpumalanga      1 987

Noordwes           5 434

Noord-Kaap       3 621

Wes-Kaap           8 343

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Oom Kaspaas ·

Dis baie goeie nuus, maar wat nou …. van die 11de Januarie het daar alreeds 434 443 mense in SA herstel. ‘n Land soos Indie wat BAIE harder as Suid Afrika deur die virus getref is begin kyk om terug te keer na normaal, hulle het die naweek weer toeskouers begin toelaat by hulle sport stadions, maar in Suid Afrika verleng ons nogsteeds die ramptoestand ons hou nogsteeds op Level 3 en beplan vir ‘n derde golf i.p.v om die land binnekant heel gesond te kry dat mense weer vrylik kan beweeg en dinge doen maak ons eerder weer die grens poste oop vir ‘n nuwe inloop. Op die stadium lyk die virus nie meer soos ‘n pandemie nie, maar soos besigheid

Casper ·

Is dit nie beter on die stelsel stadig te normaliseer as om alles op eenslag oop te stel en wel ‘n derde golf ontketen nie.Ek vra maar net.Ek dink ons moet die derde golf vermy.

Dirk Mostert ·

Van byna ‘n miljoen sterftes per jaar in S.A. Meeste van die lyke was net Covid-verwant, dws positief getoets kort voor afsterwe maar dood aan ‘n verskeidenheid oorsake.

Drico ·

Ek is so dankbaar daar word nie statistieke uitgestuur oor sterftes wat deur padongelukke, moord, aanranding, selfmoord, terminale siektes en ander siektes veroorsaak word nie. WANT as elke oorsaak van n sterfte so fyn gemonitor moet word soos covid sal dit skrikwekkende syfers ontbloot. Korona bestaan al vir jare, ons kan nie vir ewig onder grendelstatus en maskers wegkruip nie.

Dirk Mostert ·

Russiese wetenskaplikes het die eerste toets ontwikkel vir die nuwe Engelse variant. Hoe het die Britte die nuwe variant ontdek as daar nog nie ‘n toets daarvoor was nie? S.A. gebruik dieselfde toets vir die ou virus en ons eie nuwe variant, alhoewel die entstowwe nie so veelsydig is nie. Laat mens wonder.

johan ·

Vriende van my se Suster is aan long ontsteking oorlede. Sy kry longontsteking elke jaar. Op die dood sertifikaat staan Koronavirus. Toe hulle gaan vra dat dit reggestel moet word is daar aan hulle gesê dit kan nie meer gedoen word nie. Dit lyk mos of alle gevalle as korona virus deur gaan. Sê maar net ek dink nie dat die statistieke heeltemaal korek is nie

Francois Le Cochon ·

Was sy positief getoets vir die virus? Indien nee, is die sertifikaat foutief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.