Covid-19-statistieke: Nog 1 558 toets positief

‘n Vrou laat doen ‘n Covid-19-toets by die OR Tambo-lughawe. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Altesame 15 029 Suid-Afrikaners het nou Covid-19 onder lede vandat die jongste virusgevalle bekend gemaak is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar 1 558 nuwe gevalle van die koronavirus in die land aangemeld.

ʼn Totaal van 3 702 042 Covid-19-gevalle is al in die land bevestig met ʼn positiwiteitskoers van 5,3%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (36%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (28%) en KwaZulu-Natal (18%). Die minste gevalle is in die Noord-Kaap (1%) aangemeld.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap50526
Vrystaat681 325
Gauteng5634 924
KwaZulu-Natal2813 200
Limpopo35195
Mpumalanga56537
Noordwes44947
Noord-Kaap222 618
Wes-Kaap439757
Totaal1 55815 029

Nog 39 sterftes is aangemeld, waarvan ses in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 868.

Die departement van gesondheid het vroeër gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die getal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 587 145 mense reeds van die virus herstel –  ʼn herstelkoers van 96,9%.

Suid-Afrika het reeds minstens 23 543 564 toetse vir Covid-19 gedoen en 29 331 sedert die vorige verslag.

Altesame 2 024 mense word tans in hospitale vir Covid-19 behandel, waarvan 39 nuwe gevalle in die afgelope 24 uur in ʼn hospitaal opgeneem is.

Volgens Nios is meer as 32,9 miljoen inentings tot dusver gedoen.

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 558327 310
Vrystaat7 623192 881
Gauteng20 6081 176 618
KwaZulu-Natal16 030637 733
Limpopo4 574150 649
Mpumalanga4 705187 359
Noordwes4 711186 671
Noord-Kaap3 214102 853
Wes-Kaap21 806623 529
Totaal99 8683 587 145

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.