Covid-19-statistieke: Nog 1 867 toets positief

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Altesame 19 229 Suid-Afrikaners het nou Covid-19 onder lede nadat die jongste virusgevalle Woensdag bekend gemaak is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar 1 867 nuwe gevalle van die koronavirus in die land aangemeld.

ʼn Totaal van 3 688 423 Covid-19-gevalle is al in die land bevestig met ʼn positiwiteitskoers van 6,5%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (37%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (26%) en KwaZulu-Natal (15%). Die minste gevalle is in die Noord-Kaap (1%) aangemeld.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap67538
Vrystaat861 660
Gauteng6835 245
KwaZulu-Natal2805 579
Limpopo61281
Mpumalanga92743
Noordwes901 078
Noord-Kaap252 474
Wes-Kaap4831 631
Totaal1 86719 229

 

Nog 13 sterftes is aangemeld waarvan tien in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 656.

Die departement van gesondheid het vroeër gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die getal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 569 538 mense reeds van die virus herstel –  ʼn herstelkoers van 96,8%.

Suid-Afrika het reeds minstens 23 314 522 toetse vir Covid-19 gedoen en 28 667 sedert die vorige verslag.

Altesame 2 486 mense word tans in hospitale vir Covid-19 behandel, waarvan 60 nuwe gevalle in die afgelope 24 uur in ʼn hospitaal opgeneem is.

Volgens Nios is meer as 32,3 miljoen inentings tot dusver gedoen.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 544326 894
Vrystaat7 593192 094
Gauteng20 5911 172 201
KwaZulu-Natal16 016633 012
Limpopo4 542150 203
Mpumalanga4 705186 600
Noordwes4 699185 938
Noord-Kaap3 212102 853
Wes-Kaap21 754619 743
Totaal99 6563 569 538

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ag nou toe nou. Hier kom die aanloop tot die vyfde “vlaag”

Hein ·

Eendag is daar niks want almal hou oorlog dop. Die volgende dag is daar weer ‘n scamdemic. Wat gaan aan hoe lank gaan ons nog bedrieg word

VaalDonkie ·

Hulle het mos gister gese hulle gaan nie die ding ophef nie, want hulle het nog nie alternatiewe wetgewing uitgedink nie.

Henri ·

Die ding gaan nooit einde kry as mense aanhou om te glo wat een groep medici sê, en nie vir hulle self kan/mag dink nie. Kyk nou net na die verslag wat gister of eergister vrygestel is oor die newe-effekte van die Pfizer entstof.

Het iemand al ooit gaan kyk hoe die wêreldpopulasie ongesiens aanhou groei? COVID is nie eers ‘n spoedhobbel in die aanwas nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.