Covid-19-statistieke: Nog 100 000 nou ten volle ingeënt

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou 2 924 978 bevestigde gevalle van Covid-19 nadat nog 356 gevalle aangemeld is. Dit bring die positiwiteitskoers op 1,1% te staan. Tot dusver het 2 819 130 mense reeds van die virus herstel.

Altesame 33 302 toetse is sedert die vorige verslag gedoen.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is nog 17 sterftes bevestig en die algehele sterftesyfer staan op 89 452.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (34%), gevolg deur KwaZulu-Natal (19%), die Wes-Kaap (12%), Noord-Kaap (11%), die Vrystaat (9%), Noordwes (5%), Limpopo en Mpumalanga (4% elk) en die Oos-Kaap (3%).

Die getal nuwe gevalle (356) is hoër as ʼn dag gelede (305) en ook hoër as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (275).

Nog 41 mense is in hospitale opgeneem om vir Covid-19 behandel te word en altesame 3 636 mense word steeds weens die virus in die hospitaal behandel.

Die departement van gesondheid sê intussen nog 100 955 mense is sedert die vorige verslag ten volle ingeënt en nog 136 550 dosisse van die entstof is toegedien.

In die ouderdomsgroep 12 tot 17 het ʼn gesamentlike 252 934 tieners hulle al teen die virus laat inent.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Barney ·

Die virus pandemie was van dag een af oor die inentings. Bill Gates slaag met sy agenda.

SwartBees ·

En die eerste maan landing is ook n MOS bog spul, of hoe?

VaalDonkie ·

Die ou het letterlik in sy TED praatjie gese ons sal moet die wereld populasie met 15% verminder deur vaksinering “en ander maniere”. Ek weet nou nie of COVID deul vorm daarvan nie. Maar hy HET dit gese. Die video is op Youtube en seker op die TED webstuise ook.

Pieter ·

Sterkte en voorspoed met die toedienings (dit is nie entstof per oorspronklike definisie nie). Gelaai met proteïne en grafeenoksied gaan dit jou gesondheid benadeel. Beter om oorlog te vermy en die klimaat te help, gaan kry jou prik.

Dirk Mostert ·

Aantal daaglikse toetse neem toe. Die positiwiteitskoers is ook manupileerbaar (meer konsentrasie-siklusse by PCR-toetse).

Kwikkie12 ·

Waterford Ierland 99.5% van die inwoners oor 18 ten volle ingeënt maar het tans die hoogste covid positiewe gevalle in Ierland… In die ICU in Ierland sê hulle meer as helfte is nie ingeënt maar wat van die amper helfte wat wel ingeënt is?? Inentings of nie hospitale gaan nog steeds moet Covid-19 pasiënte behandel en personeel kan aansteek van die ingeënte pasiënte ook.

Andre ·

Dis ook slegs eers twee weke na die laaste beskikbare “booster” dat mense as ten volle ingeënt beskou word. En die wat wel iets oorkom is daar blykbaar altyd ‘n ander rede voor.

Anoniem ·

As 100% ingeënt is sal 100% van die mense in die hospitaal ingeënt wees!

Anoniem ·

Met ander woorde die 0.5% wat nie ingeënt is nie maak meer as 50% van die hospitalisasies op

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.