Covid-19-statistieke: Nog 108 sterftes bevestig

(Argieffoto: Gerd Altmann/pixabay)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 1 745 153 toetse is reeds gedoen en 177 124 gevalle is tot dusver bevestig. Minstens 86 298 persone (48,7%) het reeds herstel.

Nog 108 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld: drie in die Noord-Kaap, agt in die Oos-Kaap, 29 in Noordwes, 10 in KwaZulu-Natal en 58 in die Wes-Kaap. Dit bring die dodetal op 2 952 (1,7%) te staan.

 

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap3215718,2
Vrystaat21301,2
Gauteng5433130,7
KwaZulu-Natal127577,2
Limpopo14080,8
Mpumalanga16110,9
Noordwes51682,9
Noord-Kaap6260,4
Wes-Kaap6693637,8
Onbekend00,0
Totaal177124100

 

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap45917403
Vrystaat9396
Gauteng28214097
KwaZulu-Natal1624197
Limpopo10594
Mpumalanga7585
Noordwes36865
Noord-Kaap4232
Wes-Kaap198347929
Totaal295286298

 

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

'n Simpelman ·

4de hoogste daagliks en 16de in wêreld in totaal.

Wees veilg, en dien social distancing mense.

capie ·

Soos die Gauteng provinsie die Weskaap jaag vir die eerste plek, raak die grootbekke wat die Weskaap so geslaan het se bekke al hoe stiller.

Jan ·

Wat van ‘n bietjie perspektief? Ons leef jaar in en jaar uit met TB sterftes van gemiddeld 172 per dag. Dis nie eens nuuswaardig nie. Gewone griepsterftes van 100+ per dag in die winter is ook niks buitengewoon nie, maar covid is so sensasienuuswaardig dat almal in paniek ingedryf word – deur die media. Soveel so dat ons toelaat dat ons hele lewe ontwrig word. Skaam julle jul nie?

Zombie ·

Ek stem saam vir bietjie perspektief, Jan. En jy het die perspektief nodig, want jy vergelyk appels met pere. Alhoewel daar raakpunte voorkom, is die nie dieselfde nie. Ek hoop jy kry perspektief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.