Covid-19-statistieke: Nog 115 sterf

(Foto: Insung Yoon/Unsplash)

Altesaam 620 132 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 1 846 pasiënte die afgelope 24-uursiklus positief vir die koronavirus getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 115 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in Gauteng (47), die Oos-Kaap (10), KwaZulu-Natal (14), die Wes-Kaap (10), Noordwes (16) en Mpumalanga (18) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 13 743 te staan.

Gauteng (25 473) het tans die meeste aktiewe gevalle van Covid-19, gevolg deur KwaZulu-Natal (14 736) en die Vrystaat met 13 144 aktiewe gevalle.

Volgens Mkhize het 533 935 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds herstel, met ʼn herstelkoers van 86%.

Nog 14 329 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 3 632 311 toetse sedert die uitbreek van die koronavirus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaat sektor uitgevoer.

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap2 86381 373
Vrystaat56723 031
Gauteng3 475179 631
KwaZulu-Natal2 11695 011
Limpopo17911 832
Mpumalanga33021 994
Noordwes24018 165
Noord-Kaap1206 784
Wes-Kaap3 85396 114
Totaal13 743533 935

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

agnes ·

Wonder maar net. Hoeveel van die COVID dooiers was werklik COVID gevalle

Persheks Adri ·

Alle sterftes was Covid volgens hulle! Ons kon my oom s’n kry om hart aanval te wees dankie tog, want hul wou dit Covid maak

Persheks Adri ·

Hulle lieg so hul glo hulself regtig waar die regering kan nie eers tel nie!

Jan ·

Dis duidelik dat alles moontlik gedoen word om die “gevalle” statistiek erger te laat lyk. Benewens vals aanmeldings probeer hulle nou om dit met meer toetse reg te kry, maar gevallle bly steeds daal. Alhoewel gewone griep erger is en die maatreëls nie werk nie, word dit volgehou en gelate aanvaar. Wanneer gaan ons wakker word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.