Covid-19-statistieke: Nog 13 000 toets positief

(Argieffoto: SJ Objio/Unsplash.)

Suid-Afrika het teen Vrydagaand 337 594 bevestigde Covid-19-gevalle gehad. Die meeste daarvan is steeds in Gauteng, gevolg deur die Wes-Kaap en die Oos-Kaap. Altesaam 13 373 nuwe gevalle is in die voorafgaande 24-uur-tydperk aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 4 804 nadat nog 135 sterftes aangemeld is.

Suid-Afrika het tot dusver 2 373 053 toetse vir Covid-19 gedoen, 48 130 sedert die vorige verslag. Tot dusver het 178 183 mense reeds van die virus herstel.

Korrektiewe dienste

Die getal bevestigde Covid-19-gevalle in die departement van korrektiewe dienste (DKD) het teen Vrydag op 4 154 gestaan. Altesaam 2 458 beamptes en 1 606 gevangenes het positief vir die virus getoets.

Daar is tans 1 458 aktiewe gevalle van die virus in die departement.

Die meeste gevalle is in die Oos-Kaap.

Isolasietydperk verkort

Mkhize het ook aangekondig dat die isolasietydperk vir diegene wat Covid-19 opgedoen het, van 14 dae tot tien verminder is. Die verkorte tydperk is in ooreenstemming met riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Volgens Mkhize is die meeste Covid-19-pasiënte ná ʼn sekere tydperk nie meer aansteeklik nie. Die meeste mense versprei die virus vanuit hul boonste lugweë vir nagenoeg sewe tot 12 dae.

“Die teenwoordigheid van ʼn waarneembare virus wanneer getoets word, beteken ook nie noodwendig aansteeklikheid nie. Dit is bewys dat in matige gevalle is virusmonsters gewoonlik net vir agt tot nege dae positief ná simptome begin wys.”

Diegene met ernstige Covid-19 kan langer aansteeklik bly.

“Om dit eenvoudig te stel: As ʼn pasiënt opgeneem en op suurstof geplaas is, stel ons voor dat wanneer suurstof nie meer verskaf word nie, die pasiënt nog tien dae lank in isolasie bly.”

Volgens Mkhize is dit ʼn bykomende buffer om te verseker ʼn pasiënt is nie meer aansteeklik nie.

Asimptomatiese pasiënte word aangeraai om vir tien dae nadat hulle ʼn positiewe toetsuitslag gekry het, in isolasie te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frans ·

Terwyl die wêreld worstel om ‘n oplossing te kry vir die pandemie.kom Sjina waar die virus en ander hul oorsprong het skotvry.Aparheid is as ‘n misdaad teen die mensdom bestempel maar die virus het tot op datum 602 657 lewens wêreldwyd veroorsaak en almal behalwe ‘n enkele protesstem hier en daar bly doodstil.

Is dit om dat niemand op die wêreldmag se tone wil trap en om dalk soos Suid Afrika goeie handelsbande te verongeluk dat daar stilswye is.Dit was maklik om ‘n klein land soos Suid Afrika te boikot en wêreldwyd te veroordeel. Hoekom is die BLM-ondersteuners soos stil in hierdie saak of is die lewens verlies nie belangrik nie?

Ysgodin ·

Dis ook iets waaroor ek al baie lank wonder, jy slaan die spyker op die kop! Political correctness maak my naar!

4ntj13 ·

Artikel wat ék gelees het sê eintlik dat matige en simptoomvrye gevalle nie na 8 dae nog aansteeklik is nie. Daarom is die 10 dae-voorskrif veilig. Lg sou nie die geval gewees het as dit 9-12 dae was nie!
Die verandering beteken darem 4 dae ekstra vryheid. Mens wens net hulle het oor alles só gedink!

Piet ·

Ek dink mense wat die virus ligtelik opneem, moet weer dink. Daar is ontstellende feite wat na vore kom. Die een is dat dit glad nie ‘n uitgemaakte saak is dat die mens enige noemenswaardige weerstand kan opbou nie. Sover kan slegs gese word dat mense wat reeds herstel het van die virus vir ongeveer 3 maande daarna nie weer die virus sal opdoen nie. Daar spring nou gevalle uit waar mense na 3 maande WEER positief toets. Dis regtig kommerwekkend want hoe gaan ‘n entstof dan van waarde wees? Die ander ding is dat daar aanduidings is dat daar ‘n redelike kans is dat organe beskadig word ongeag die graad van simptome. So, indien jy net positief toets sonder simptome is jy reeds in die gevaarsone.

Adeline ·

Covid-19 gaan nog ‘n LAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAng tyd met ons wees pas mooi op en moenie alles glo wat gesê word nie – doen julle eie navorsing en gebruik die kennis saam met wysheid

Francois Le Cochon ·

Die HIV virus is in 1920 vanaf die sjimpansee na die mens oorgedra, en nog geen teenmiddel is uitgevind nie. Die Ebola virus is in 1976 vanaf die vlermuis na die mens oorgedra, nog geen teenmiddel nie, Behoed ons van die Covid 19 virus.

Lorette ·

Wat ek graag wil weet, hoekom is alles rondom China so stil? Hoeveel mense het daar die lewe gelaat weens die virus. Ek is op ‘n stadium dat ek elke etiket lees en dit nie koop as dit vanaf China af kom nie.. Ongelukkig weet ek nie waar om materiaal te koop wat plaaslik vervaardig is nie! Gaan China maar net op ‘n dag ons kom oorneem, daar is alreeds talle en talle van hul winkels en mense hier! Ons skuld hul mos bitter baie geld en ek wil graag sien hoe ons regering hulle gaan terughou! Hulle leer nie verniet Engels praat nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.