Covid-19-statistieke: Nog 154 sterf

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Nog 154 pasiënte in Suid-Afrika het weens Covid-19 gesterf.

Dit bring die land se dodetal op 23 106 te staan.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê die jongste sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (97), die Vrystaat (5), Gauteng (11), KwaZulu-Natal (10) en die Wes-Kaap (31) aangemeld.

Dít terwyl nog 7 882 mense in die land in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het vir die koronavirus. Altesaam 852 965 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen.

Volgens Mkhize het 760 118 pasiënte in Suid-Afrika reeds van die koronavirus herstel.

Nog 40 211 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 5 819 755 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap5 399126 748
Vrystaat2 05853 068
Gauteng5 108230 578
KwaZulu-Natal3 453120 176
Limpopo51418 122
Mpumalanga61730 946
Noordwes56633 918
Noord-Kaap34821 086
Wes-Kaap5 043125 476
Totaal23 106760 118

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Vriend van my was sedert Januarie – April 2020 in sy huis (bedlêend) weens kanker. Toe is hy oorlede. Raai wat staan op sy doodsertifikaat?

Piet ·

Het hy OOK corona gehad tydens datum van afsterwe? Indien so kan hulle dit as ‘n Corona -sterfte sertifiseer en dit sal nie foutief wees nie.

Allop ·

Sal graag wil weet wat die statistiek vir sterftes van bv. Kanker, diabetes, VIGS ens. is

Piet ·

Waarskynlik meer as in die verlede. Die punt is dat as jy reeds een van hierdie siektes onder lede het , Corona jou dood kan verhaas of selfs veroorsaak.

Francois Le Cochon ·

Jy hoef nie te wonder nie, gaan na Statistiek Suid Afika se webblad. Alles wat jy wil weet is daar. Of jy dit gaan glo is natuurlik ‘n ander storie!

Fritz ·

Volgens Index Mundi is ons totale sterftesyfer so 9.3 per 1000. Kom ons werk op n bevolking van 58 miljoen.
Totale daaglikse sterftesyfer is dan
9.3÷1000×58,000,000÷365=1478

Peetjie ·

Daar is geen ander sterfgevalle behalwe covid nie.. Selfs as jy selfdood doen word dit geklasifiseer as covid…
Ons is seker almal pampoene

Marietjie ·

Dis is sorgwekkend. Ek voel net dat daar ander aspekte is wat bydra met die verspreiding van die virus. Ek was vroeer die week by ‘n Metro Polisie kantoor in die Noorde van Pretoria om dokumente te laat waarmerk. Die beampte het my ingelig dat hul glad nie PPE’s het nie en my gevra of ek nie dalk ektra handsanitizer vir hul het nie. Hul was tot bereid om dit by my huis te kom afhaal. Sy kollega get aan my genoem hul bestuur wanbestuur die fondse en nou word hul gedwing om van die publiek afhanklik te raak.

Jakes ·

Dit is hoogtyd dat die agbare minister se statistiek oor Covid ondersoek word. Publiseer die name van die slafoffers sodat daar vasgestel kan word aan watter simptone die mense dood is. Ek betwyfel ten sterkste of daar enigsins veel waarde geheg kan word oor hierdie twyfelagtige syfers.

Ietsanders ·

Die jongmense kom niks oor van Covit nie en gee niks om of hul ander, ouer familielede aansteek nie. Indien hier nie gou ‘n entstof kom nie, gaan baie mense nog sterf. Wonder wat die jongmense gaan doen wanneer hul ouers en versorgers almal dood is….maar dan kan hul altyd ‘we demand’!!

Blomme ·

Ek dink ons moet die erns van hierdie virus in die oë staar. Ja daar is ander siektes wat ook lewe neem en dit dra beslis meriete.. Huidiglik het SA en die wêreld egter ń krisis wat nou aandag geniet en verwoesting saai. Verlede maand is ń gesin binne 4 uur van beide ouers ontneem. Ons kan dus nie apaties staan teenoor die effek wat dit het op families nie. Een lewe is een te veel.. Netsoos in die vlaag van moorde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.