Nog 154 pasiënte in Suid-Afrika het weens Covid-19 gesterf.
Dit bring die land se dodetal op 23 106 te staan.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê die jongste sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (97), die Vrystaat (5), Gauteng (11), KwaZulu-Natal (10) en die Wes-Kaap (31) aangemeld.
Dít terwyl nog 7 882 mense in die land in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het vir die koronavirus. Altesaam 852 965 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen.
Volgens Mkhize het 760 118 pasiënte in Suid-Afrika reeds van die koronavirus herstel.
Nog 40 211 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 5 819 755 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 5 399 | 126 748 |
Vrystaat | 2 058 | 53 068 |
Gauteng | 5 108 | 230 578 |
KwaZulu-Natal | 3 453 | 120 176 |
Limpopo | 514 | 18 122 |
Mpumalanga | 617 | 30 946 |
Noordwes | 566 | 33 918 |
Noord-Kaap | 348 | 21 086 |
Wes-Kaap | 5 043 | 125 476 |
Totaal | 23 106 | 760 118 |
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Vriend van my was sedert Januarie – April 2020 in sy huis (bedlêend) weens kanker. Toe is hy oorlede. Raai wat staan op sy doodsertifikaat?
Sal graag wil weet wat die statistiek vir sterftes van bv. Kanker, diabetes, VIGS ens. is
Die syfers is skrikwekkend!
Dis is sorgwekkend. Ek voel net dat daar ander aspekte is wat bydra met die verspreiding van die virus. Ek was vroeer die week by ‘n Metro Polisie kantoor in die Noorde van Pretoria om dokumente te laat waarmerk. Die beampte het my ingelig dat hul glad nie PPE’s het nie en my gevra of ek nie dalk ektra handsanitizer vir hul het nie. Hul was tot bereid om dit by my huis te kom afhaal. Sy kollega get aan my genoem hul bestuur wanbestuur die fondse en nou word hul gedwing om van die publiek afhanklik te raak.
Dit is hoogtyd dat die agbare minister se statistiek oor Covid ondersoek word. Publiseer die name van die slafoffers sodat daar vasgestel kan word aan watter simptone die mense dood is. Ek betwyfel ten sterkste of daar enigsins veel waarde geheg kan word oor hierdie twyfelagtige syfers.