Covid-19-statistieke: Nog 213 sterftes aangemeld

Minister Zweli Mkhize. Foto: @DrZweliMkhize/Twitter

Suid-Afrika het reeds meer as 510 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand bevestig dat 511 485 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 8 366 nadat nog 213 sterftes aangemeld is: 25 in die Oos-Kaap, 40 in Gauteng, 31 in KwaZulu-Natal, 43 in die Wes-Kaap, 51 in die Vrystaat en 23 in Limpopo.

Suid-Afrika het tot dusver 3 036 779 toetse vir Covid-19 gedoen, 34 794 sedert die vorige verslag. Tot dusver het 347 227 mense reeds van die virus herstel.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap79 41015,5%
Vrystaat23 0994,5%
Gauteng180 53235,3%
KwaZulu-Natal82 30016,1%
Limpopo9 0441,8%
Mpumalanga15 1203%
Noordwes19 9613,9%
Noord-Kaap5 1311%
Wes-Kaap96 83818,9%
Onbekend500%
Totaal511 485100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap1 76968 652
Vrystaat2058 897
Gauteng2 115126 784
KwaZulu-Natal87537 127
Limpopo905 512
Mpumalanga788 674
Noordwes818 751
Noord-Kaap361 874
Wes-Kaap3 11780 956
Totaal8 366347 227

 

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

Met die regering se grootskaalse nywerheidsontwikkeling gebaseer op Corona-behoeftes, die wynbedryf selfs van die mondinname van alkohol na bakhand-aanwending oorskakel en virus-‘kenners’ se smeekbede vir nog meer detail-data en -grafieke oor die pessiekte (ironies genoeg ‘kroon’-siekte in die tyd van die grootse #MeMe-epidemie), gaan die landsburgers nog laaank wag vir onse antie se ‘toring+ van+babel’ om te rol; soos die IMF ook dekades lank sal hoop op ietsie terug op hul lening destyds in 2020.

Scalla ·

Sterftes is n druppel in n emmer gemeet aan skade tov ekonomie.

Kobus ·

Ek wonder nog steeds oor die WorldoMeter sy Syfers vir SA, wat het geword van die 539 ernstige gevalle wat nou al 3 weke daar verskyn.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.