Covid-19-statistieke: Nog 250 sterf

(Foto: Insung Yoon/Unsplash)

Altesaam 421 996 bevestigde gevalle van die koronavirus wat Covid-19 veroorsaak, is nou reeds in Suid-Afrika aangemeld.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 250 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in Gauteng (139), die Oos-Kaap (13), KwaZulu-Natal (50), die Wes-Kaap (47) en in die Vrystaat (1) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 6 343 te staan.

Volgens Mkhize het 245 771 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die virus herstel. Dít dui op ʼn herstelkoers van 58%.

Altesaam 2 685 488 toetse is tot dusver in die land uitgevoer waarvan 52 382 sedert die vorige verklaring gedoen is. Die meerderheid toetse is in die openbare sektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap1 40655 692
Vrystaat631 873
Gauteng1 32682 126
KwaZulu-Natal56518 786
Limpopo333 022
Mpumalanga524 403
Noordwes484 795
Noord-Kaap231 177
Wes-Kaap2 82773 897
Totaal6 343245 771

 

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jan ·

Die media verseg steeds om perspektief te gee oor die ontluikende prentjie oor die algehele gevaar van covid-19 wat toenemend bevestig dat die effek van die “beskermingsmaatreëls” veel erger is en gaan wees as die virus en dat daar ‘n duidelike politieke agenda agter sit. In 2018 was daar in SA 36 000 griepsterftes, daar is elke jaar 160 000 TB sterftes maar covid-19 sal waarskynlik nie eens met al die vervalste en kunsmatige opstoot van syfers 15 000 haal nie tensy die media daarin slaag om angs so hoog op te stoot dat verlaagde immuniteit erger opvolgende golwe meebring.

Kobus ·

@ Jan, ek wens jy kan jou Vals beriggewing stop, dit help Niemand nie, elke keer as jy berig oor griep sterftes gaan jou getalle op, en jy vergelyk nie appels met appels nie, daar is behandeling vir die ander siektes en niks vir covid nie, en waarskynlik gaan daar vir nog lank nie wees nie. Moenie jou politieke siening probeer toepas op die res van die wereld nie, ek verstaan dat baie die regering wantrou en dat dit in baie opsigte geldig is, maar ek verseker dat by ons in die buiteland is die syfers baie meer geloofwaardig en kyk dit net so sleg. Nie almal is korup nie en selfs al glo jy nie wat in SA berig word nie, is die hele wereld nie kop in een mus met SA om als te vervals en kunsmatig syfers op te stoot nie.

Boerinmurgenbeen ·

Daar is ‘n genesings middel vir Coronavirus, ‘n asma middel Pulmicort jy gebruik dit in ‘n Nebuliser masjien ‘n dokter in Texas Amerika gebruik dit en is 100% suksesvol met al sy pasiënte, dit word ook gebruik in Taiwan en Singapore.
Google gerus ek het na die dr se toespraak geluister op YouTube. Geseënde dag vir almal

Kobus ·

Ek dink jy bedoel goed , maar dit is ongelukkig nie waar nie.
Geen doeltreffende middel is al beskikbaar wat 100% suksesvol klinies getoets is en medies erken word nie. Tans is daar honderde studies en proewe en hopelik word iets gekry, maar selfs al word dit gekry, gaan dit baie lank neem om vir almal beskikbaar te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.