Covid-19-statistieke: Nog 306 sterftes aangemeld

ʼn Toetsmonster vir die koronavirus word deur ʼn gesondheidswerker geneem. (Foto: Mahesh Kumar A, AP)

Altesaam 8 307 nuwe bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus is in die afgelope 24-uursiklus in Suid-Afrika aangemeld. Dit bring die algehele getal Covid-19-gevalle in die land op 538 184 te staan.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Donderdagaand aangekondig toe hy die jongste Covid-19-statistieke vir die land bekendgemaak het.

Nog 306 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 9 604 te staan bring.

Altesaam 78 van die sterftes is in KwaZulu-Natal aangemeld, gevolg deur 75 in Gauteng, 66 in die Oos-Kaap, 46 in die Wes-Kaap, 23 in die Vrystaat en 18 in die Noord-Kaap.

Altesaam 387 316 pasiënte het in dié stadium reeds herstel, met ʼn herstelkoers van 72%.

Meer as 36 616 toetse uit die 3 149 807 wat reeds gedoen is, is in die afgelope 24-uursiklus gedoen. Altesaam 1 785 148 toetse is in die private sektor gedoen, wat meer as die helfte (57%) van die toetse uitmaak. ʼn Totaal van 1 364 659 toetse is in die openbare sektor gedoen.

Provinsiale statistieke:

Wes-Kaap: 98 599
Oos-Kaap: 81 014
Gauteng: 187 631
KwaZulu-Natal: 90 115
Vrystaat: 26 123
Noordwes: 21 044
Limpopo: 9 873
Mpumalanga: 17 803
Noord-Kaap: 5 932

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Riaan ·

Ek wonder of Suid Afrika werklik die vermoë het om al die toetse toe prosesseer en korrek te raporteer? Dan sal ek ook graag ‘n foto van ‘n hospitaal saal wil sien waar die mense opgeneem word. Ek het nog net leë hospitaal beddens gesien wat gereed gekry word vir die toevloei. Daar word ook vertel dat Suid Afrika geen normale griep gevalle die jaar het nie. ‘n Familielid van my het 2 weke terug griep gehad wat nie as covid-19 gediagoniseer was nie. Ek is nie skepties nie, wonder maar net…

Daizee ·

Riaan, wil ek ook graag weet! Hoe kan daar soggens verklaar word daar is nog 500 gevalle as dit minimum 48 uur neem om die private én 4 dae neem om Staat se uitslae van die toetse te kry??,!!!

Rentia ·

“However, there is a chance a positive result means that you have antibodies from an infection with a virus from the same family of viruses (called coronaviruses), such as the one that causes the common cold.” DIREK vanaf die CDC se webblad. As ‘n verkoue jou positief kan laat toets en die herstelkoers is al meer as 70%, hoeveel mense het eintlik net verkoue met seisoene wat verander? Hoe werklik eerlik is die toetse om ‘n pandemie te verklaar en die wêreld letterlik te sluit?

gehasie ·

Tyd dat maroelamedia ‘n spesialis joernalis kry om diè statestieke te ondersoek! Wanneer opinies verskil van die huidige bewind wêreldwyd word diesulke opinies onmiddelik van sosiale media verwyder wat meer vrae laat ontstaan na wie is dan nou eintlik die leiers vd sameswerings-teorië is.

Mariana ·

Glo niks wat die regering en die Mkize sê nie. Hulle hou nou die inwoners lank genoeg aan lyntjie. Tyd vir SA om weer te begin lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.