Suid-Afrika het nog 4 645 gevalle van Covid-19 bevestig.
Die getal bevestigde gevalle staan nou op 810 449, het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, Saterdagaand gesê.
Nog 104 Covid-19-verwante sterftes is ook bevestig. Hiervan was 65 in die Oos-Kaap, drie in die Vrystaat, sewe in Gauteng, ses in KwaZulu-Natal, drie in Mpumalanga en 20 in die Wes-Kaap. Dit bring die getal sterftes op 22 067 te staan.
Meer as 5,5 miljoen Covid-19-toetse is in Suid-Afrika gedoen sedert die uitbreking van die pandemie en 31 844 toetse is sedert die vorige verslag gedoen.
Daar is tans meer as 44 000 aktiewe gevalle landwyd.
Aktiewe gevalle:
Oos-Kaap: 8 536
Vrystaat: 5 579
Gauteng: 3 127
KwaZulu-Natal: 8 501
Limpopo: 406
Mpumalanga: 485
Noordwes: 765
Noord-Kaap: 2 268
Wes-Kaap: 14 417
Totaal: 44 084
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
5 Kommentare
Ons regering weet nie 1+1=2 nie daarom bly die virus versprei, Kaap se inperkings versterk maar all toerriste welkom vir Desember vakansie dit gee jou 1+1=6???? ONS REGERING IS DOM SOOS GROND, en ons dra die gevolge
As die media die verlossingskrag van Jesus Christus verkondig soos covid19, sal daar geen covid wees nie.
Glo nog steeds nie Gauteng stats nie.
Toetsdemies onthul covid gevalle en “sterftes” al is die gevinde virusse op die lyke dood en skadeloos. So kan jy enigiets bewys en regverdig, selfs die vernietiging van ekonomieë en lewensreg.
Ja en die koningin is my suster.