Die nuwe koronavirus het nog 40 lewens in Suid-Afrika geëis.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand die land se jongste Covid-19-syfers in ’n verklaring bekend gemaak.
Luidens die verklaring is 32 683 bevestigde gevalle van Covid-19 tot op hede in Suid-Afrika aangemeld waarvan 1 716 oor die afgelope 24 uur aangemeld is. Die land se dodetal staan nou op 683.
Altesaam 16 809 pasiënte het reeds herstel. Dit dui op ’n herstelkoers van 51,4%, het Mkhize gesê.
Altesaam 725 125 Covid-19-toetse is tot op hede aangemeld waarvan 23 242 die afgelope dag gedoen is.
Die Wes-Kaap het steeds die meeste gevalle van Covid-19 (21 382) gevolg deur Gauteng met 4 003 gevalle. In die Oos-Kaap het 3 927 pasiënte reeds die nuwe koronavirus opgedoen.
Verspreiding van Covid-19-sterftes volgende ouderdomsgroep:
Ouderdomsgroep | Getal sterftes |
0-9 | 2 (0,3%) |
10-19 | 2 (0,3%) |
20-29 | 4 (0,6%) |
30-39 | 40 (5,8%) |
40-49 | 77 (11,3%) |
50-59 | 174 (25,5%) |
60-69 | 176 (25,8%) |
70-79 | 133 (19,5%) |
80-89 | 60 (8,8%) |
90-99 | 15 (2,1%) |
Totaal | 683 (100%) |
Sterftes volgens geslag:
Mans | Vroue | Totaal |
363 | 320 | 683 |
Sterfte- en herstelsyfers volgens provinsie:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 82 | 1 987 |
Vrystaat | 8 | 124 |
Gauteng | 33 | 2 060 |
KwaZulu-Natal | 52 | 1 248 |
Limpopo | 3 | 143 |
Mpumalanga | 0 | 72 |
Noordwes | 1 | 45 |
Noord-Kaap | 1 | 31 |
Wes-Kaap | 503 | 11 099 |
Totaal | 683 | 16 809 |



Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Ek sien ons regering sukkel nog steeds met wiskunde. Die mense wat herstel moet sekerlik afgetrek word van die totaal?
Ek betwyfek die akkuraatheid van die syfers. In die besonder die getal sterftes.
So gereed soos ‘n pakkie vuurhoutjies op ‘n kruitvat . Dis wat hulle is .
Wat vir my baie eienaardig is…. Mense bo 60 moet asb by die huis bly…maar die sterfte syfer van mense 50-59 ewenaar die 60-69’s?
Die statistiek wat daagliks aan ons ogedis word is beslis nie die ware toedrag van sake nie. Die herstel persentasie van 51% is ook te betwyfel. In ander lande is die herstel persentasie veel minder as 51%. Gegewe die feit dat SA duisende toetse in die laboratoriums agter is, is kommerwekkend. In elk geval is dit n feit dat meer as die helfte van suidafrikaners wel die virus gaan kry.