Covid-19-statistieke: Nóg 48 pasiënte sterf

(Foto: Unsplash)

Altesaam 124 590 bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus is in dié stadium in Suid-Afrika aangemeld van 1 493 104 toetse tot op hede uitgevoer.

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Vrydagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Volgens Mkhize is nog 48 Covid-19-verwante sterftes intussen aangemeld. Altesaam 40 van dié pasiënte het in die Wes-Kaap gesterf en agt in die Oos-Kaap.

Dit bring die land se dodetal op 2 340 te staan, met ʼn sterftekoers van 1,9%.

Altesaam 64 111 pasiënte het reeds van Covid-19 herstel, met ʼn herstelkoers van 51,5%.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap21 93817,6
Vrystaat1 0690,9
Gauteng31 34425,2
KwaZulu-Natal7 0905,7
Limpopo7980,6
Mpumalanga8550,7
Noordwes3 2182,6
Noord-Kaap3370,3
Wes-Kaap57 94146,5
Onbekend00
Totaal124 590100

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap37111 349
Vrystaat9318
Gauteng1497 132
KwaZulu-Natal1063 197
Limpopo5348
Mpumalanga2239
Noordwes5421
Noord-Kaap1128
Wes-Kaap1 69240 979
Totaal2 34064 111

Ouderdomme:

OuderdomSterftesPersentasie
0-930,1
10-1950,2
20-29341,5
30-391345,7
40-4929512,6
50-5956524,1
60-6962026,5
70-7941417,7
80-892008,5
90-99552,4
100-10910,1
Onbekend140,6
Totaal2 340100

Geslag:

Mans (%)Vroue (%)Geslag onbekendTotaal
1 224 (52,3%)1 114 (47,6%)2 (0,1)2 340

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

koos10 ·

Net ‘n vraag om te bepaal of die regering reg gehandel het, hoeveel van die gevalle in die hospitale is rokers? Gee as die getal, dat ons kan bepaal of die rokers, wat nou gestraf word, die hospitale beset. Dan terwyl ons besig is, gee sommer die getal van die rokers wat oorlede ook is. Maar ek is bevrees dit sal nooot gebeur nie, want dit kan die regering met sy broek op sy enkels vang.

Jan ·

Vir ‘n sterftekoers van 1,9% van bevestigde gevalle vernietig ons Suid-Afrikaners ons ekonomie en maak die deure oop vir grootskaalse armoede, geweld en ellende, maar gewone seisoenale griep met ‘n sterftekoers van bykans 10% van bevestigde gevalle leef ons jaar na jaar sonder enige probleem saam. Dit verteenwoordig ongeveer 15 000 sterftes per jaar aan griep. Dan sterf ongeveer 62 000 mense per jaar aan die hoogs-aanteeklike tuberkulose. Daarmee kan ons ook saamleef. Maar die media maak so ‘n ophef van covid-19 dat die hele land alle perspektief verloor en agter maskers probeer wegkruip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.