Covid-19-statistieke: Nog 56 sterftes aangemeld

Argieffoto (Foto: Gerd Altmann/Pixabay)

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Donderdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekend gemaak.

Altesaam 40 792 persone het tot dusver positief getoets en 3 267 nuwe gevalle is die afgelope 24 uur aangemeld. Altesaam 820 675 toetse is reeds gedoen waarvan 34 696 die afgelope 24 uur gedoen is.

“Nog 56 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld,” het Mkhize bygevoeg. “Een sterfte was in KwaZulu-Natal, een in die Vrystaat, en 54 in die Wes-Kaap. Dit bring die dodetal op 848 te staan.”

Minstens 21 311 persone het reeds herstel en dit verteenwoordig ʼn herstelkoers van 52,24%.

Provinsiale statistiek:

Ouderdomme:

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.