Covid-19-statistieke: Nog 90 sterf

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Altesaam 1 597 724 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 1 129 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 90 sterftes is intussen aangemeld. Dié nuwe sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (14), Gauteng (5), Mpumalanga (6), Noordwes (33), die Noord-Kaap (13) en die Wes-Kaap (19) aangemeld.

Dit bring die land se dodetal op 54 825 te staan.

Volgens Mkhize het 1 517 350 pasiënte in Suid-Afrika reeds van die koronavirus herstel; dit is ʼn herstelkoers van 95%.

Die land het tans 25 549 aktiewe Covid-19-gevalle.

Nog 18 311 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 10 906 020 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.

Meer as 395 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Covid-19 ingeënt.

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 603184 480224
Vrystaat3 91483 5664 580
Gauteng10 775413 2274 715
KwaZulu-Natal10 428321 4855 484
Limpopo2 33661 537340
Mpumalanga1 40876 839866
Noordwes1 75863 6873 846
Noord-Kaap93836 9294 460
Wes-Kaap11 665275 6001 034
Totaal54 8251 517 35025 549

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

MakersMark ·

Die heel beste kenners van statistiek, viroloë, mikrobioloë en voorspellers van die toekoms is hier om MM te vinde.

Johan ·

Beste Frans, Thom en Maskermal, noem julle sommer “die bende”. Julle is aandadig aan duisende jare se lewensverlies omdat julle die regulasies so ondersteun. Maar julle maak seker ook êrens geld daaruit?

Esme ·

Ons sal seker nooit die ware toedrag van sake van ons huidige Regering kry nie. Ons kan net spekuleer.

Esme ·

Volgens die Suid-Afrikaanse Bloedbank tree meer en meer teenliggaampies tydens skenkings na vore. Dit sal interessant wees om te weet wat die ware toedrag van sake is. Ek het Covid tydens Desember/Januarie gehad – ek was vir 25 dae in die hospitaal maar die ware syfers sou ‘n goeie aanduiding wees aangesien baie asimptomatiese gevalle na vore tree. Verneem vroeer vandag van ‘n tandarts wat die inenting ontvang het – sy is vanoggend met erge Covid gediagnoseer. Sy is opgeneem in ‘n hospitaal en haar toestand is glo kommerwekkend en dit, ten spyte van ‘n vaksien.

Di ·

Vertrou GLAD NIE hierdie inentings nie, sal beslis nie gaan daarvoor nie

Thom ·

Waarskynlik geënt terwyl sy reeds die virus onderlede gehad het .

Johan ·

Ja Thom soos die 70% wat alreeds bloodgestel is. Gaan toets gerus, jys waarskynlik positief. Regulasies en al.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.