Nog 95 Covid-19-sterftes, die meeste daarvan in Gauteng, is bevestig.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand in die daaglikse bywerking van syfers gesê 38 sterftes is in Gauteng, 12 in die Oos-Kaap, 16 in KwaZulu-Natal en 29 in die Wes-Kaap bevestig.
Dit bring die dodetal weens die voortslepende pandemie op 2 844 te staan. Die sterftekoers is in hierdie stadium steeds 1,7%.
Altesaam 168 061 mense het reeds positief vir die virussiekte getoets, ʼn styging van 8 728 nuwe gevalle sedert die getalle ʼn dag gelede bekend gemaak is. Net minder as 4 000 van die nuwe gevalle is in Gauteng, waar die infeksiekoers die afgelope paar dae beduidend begin styg het.
Maroela Media het vroeër berig Gauteng gaan moontlik daarna kyk om weer ingrypende maatreëls, soos in die geval van vlak 4- en vlak 5-regulasies van die afsonderingstydperk, in die provinsie in te stel. Die provinsie het in dié stadium die meeste aktiewe gevalle.
Mkhize het gesê tot dusver het 81 999 mense landwyd van die siekte herstel, ʼn koers van net minder as 49%.
Provinsie | Sterftes | Pasiënte wat herstel |
Oos-Kaap | 451 | 15 843 |
Vrystaat | 9 | 386 |
Gauteng | 282 | 12 957 |
KwaZulu-Natal | 152 | 4 111 |
Limpopo | 10 | 570 |
Mpumalanga | 7 | 520 |
Noordwes | 7 | 865 |
Noord-Kaap | 1 | 232 |
Wes-Kaap | 1 925 | 46 515 |
Totaal | 2 844 | 81 999 |
Altesaam 1 706 127 toetse is tot dusver gedoen, 39 188 daarvan die afgelope dag.



O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Ten spyte van die skerp styging in gevalle, is die sterftesyfer laer, wat my weereens laat wonder of dit n pandemie of histerie is
Hier is ‘n oplossing, toets minder mense dan sal daar minder positiewe gevalle wees. Ek is seker dlamini sal dink dis ‘n uitstekende idee.
Ek het net so vragie of 2. Is dit net ek wat optel dat die syfers eweskielik die hoogtes ingeskiet het nadat daardie baie koue weer deur die land getrek het, so asof dit die virus van die Weskaap af opgevat het Gauteng toe ? Dra die koue nou die virus ? Met al die skielike positiewe, is dit nog agterstallige uitslae wat inkom of is dit nuwes wat getoets is en hoe akkuraat is die uitslae as jy 40 000 toetse per dag doen ?