Covid-19-statistieke: Nog minder gevalle bevestig

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: GCIS)

Suid-Afrika het teen Donderdagaand altesaam 3 572 860 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 3 962 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 31 sterftes is oor die vorige 24 tot 48 uur bevestig, terwyl 139 vorige sterftes bygewerk is. Dit bring die algehele sterftesyfer op 93 846 te staan.

Altesaam 3 394 527 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. In hierdie stadium is daar 84 487 aktiewe gevalle van Covid-19.

Altesaam 37 484 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 20 626 (55%) in die private sektor en 16 858 (45%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (23%), gevolg deur die Wes-Kaap (21%), KwaZulu-Natal (17%), Limpopo (10%), Mpumalanga (8%), Noordwes (7%), Vrystaat (6%), Oos-Kaap (5%) en Noord-Kaap (3%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Gauteng: 928
  • Wes-Kaap: 813
  • KwaZulu-Natal: 681
  • Limpopo: 412
  • Mpumalanga: 298
  • Noordwes: 260
  • Vrystaat: 219
  • Oos-Kaap: 216
  • Noord-Kaap: 135

Die departement het aangedui dat altesaam 29 251 262 inentings teen Donderdagaand gedoen is.



ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Pietertjie ·

Dit lyk asof covid sterftes laer gaan daal as pad-sterftes.

VaalDonkie ·

Nie as hulle heeltyd 140 bysit soos met die amerikaanse verkiesing in 2020 nie.

Frank John ·

Hulle moet ook starestieke van alle ander siektes en sterftes gee. Dit klink asof coronavirus alle ander siektes en sterftes uitgewis het.

VaalDonkie ·

Ja paar dae gelede doen iemand in die VK ‘n “freedom of information” aansoek oor “sterftes MET covid teenoor sterftes AAN covid” en dit kom uit net 11% is dood aan COVID, en 89% is dood aan onderliggende kwale, of eerder dood aan iets, maar het COVID ook gehad. So omtrent 17000 mense in die VK is dood suiwer aan COVID tussen 2020 en 2022.

En dit gaan nie oor “covid het die erger gemaak” nie. Want covid laat jou nie in ‘n motorongeluk kom nie, en dit gee jou ook nie kanker of ‘n mes-wond nie. Mens voel natuurlik baie jammer vir die families van die 17000, maar dis ‘n druppel in die emmer en regverdig nie die oorreaksie nie.

Ons moet eerder vra waarom gesonde jong seuns op ‘n streep hartaanvalle kry daar in Europa.

Andre ·

Die covid is maar net soos POTATO. As jy dit nie so wil lees nie, plaas die eerste letter laaste en lees dan van regs na links. Baie soos statistiek.

MakersMark ·

Gee ons die statistiek hoeveel seuns tussen watter ouderdomme sterf in Europa, waaraan hul gewoonlik sterf, hoeveel meer het hartaanvalle gekry en wat is die afwyking van die normaalkurwe ? Anders hou op valshede versprei.

Andre ·

Jy weet net so goed daardie nommers word net so goed beskerm as volgende week se lotto wen-nommers.

VaalDonkie ·

Jy kan altyd self die syfers loop opsoek, dan spaar dit ons die ge “JAAA MAAAR DIS NIE DIE REGTE SYFERS NIE” van jou kant af.

MakersMark ·

Die antivaxers is gewoonlik die wat die statistieke as “gekook” beskou. Behalwe hul eie spekulatiewe syfers is altyd reg, kan ook nooit ‘n bron verskaf nie. Van waar gekry die bostelegraaf ?

piet ·

Hulle kan nou maar die maatreels lig maar ek dink die dra van ‘n masker moet minstens nog vir ‘n tydperk verpligtend wees. Dis natuurlik ook nou die ideale tyd om in te ent voordat ‘n moontlike volgende vlaag uitbreek.

Dirk Mostert ·

Pfizer is op 2 September 2009 deur die VSA Departement Justisie skuldig bevind aan “fraudulant marketing” met ‘n boete van $2.3 biljoen!

MakersMark ·

In 2016 dagvaar die VSA Volkswagen AG vir 46 bn US$ vir valse inligting ivm CO2 emissies. En jou punt is….?

MakersMark ·

VW ontwerp en verkoop nog steeds motors wat ry. Pfizer ontwerp en verkoop nog steeds farmaseutiese produkte wat werk. Of is al die ander Pfizer medisyne ok maar die inentingsmiddels “suspect” oor die boete? Enige persoon wat iets can die reg verstaan sal lag vir so argument. Soos ek lag vir dit as ‘n teenargument vir inentings.

Andre ·

Dirk, ek dink nie enige van die vax firmas het nog nie baie groot boetes gekry nie. Selfs J&J met hul baba poeier, om net een van hulle s’n uit te lig! Maar nou ja, niemand wil dit weet nie, en fopnuus hou did doodstil.

MakersMark ·

Hoekom is dit fopnuus as die inligting vrylik beskikbaar is? Selfs gepubliseerde hofdokumente kan deur google opgespoor word. Behalwe vir die wat “digitally challenged” is …….en bang is vir google.

SwartBees ·

Ooooooho, die anti-vaxers gaan jou uithaal oor die stelling.

Andre ·

Dis goed as ‘n masker jou laat veilig voel, dan moet jy dit dra.

Andre ·

Daar is mos gewaarsku dat ‘n volgende vlaag teen die winter mag uitbreek. Fauci het ook mos gewaarsku dat in Pres Trump se termyn ‘n plandemie sal uitbreek. Die ideale tyd om in te ent is sodra dit veilig bewys is.

VaalDonkie ·

Plaas ent hulle die oues en siekes in, en los die res om ‘n ligte verkoue te kry en steriliserende immuniteit op te bou sodat hulle dit nie kan aanpaas vir Ouma nie.

VaalDonkie ·

Hulle kannie vir jou vertel hoe die weer op ‘n spesifieke dag gaan wees vyf maande van nou af nie, maar hulle kan vir jou tot op die dag vertel wanneer die volgende variant losgelaat word? Uh huh

VaalDonkie ·

Piet, waarom dink jy die inenting wat op die oorspronklike virus geskoei is, sou twee jaar later teen ‘n gemuteerde variant soos bv. Omicron werk? Het Netcare dan nie gewys dat die persentasie ten volle gewakste pasiente dieselfde persentasie was as diegene in die algemene bevolking wat gewaks was nie? M.a.w. die waks hou jou nie uit die hospitaal as jy Omikron vang nie.

Dankie, ek luister by die radio.

Samuel ·

Die dra van maskers is verpligtend, tog steur talle mense hulle nie daaraan nie. Het gister weer gesien hoe mense in winkels maskerloos rondloop. Die winkelbestuur laat dit toe. Wel, ons ervaring in Kaapstad.

VaalDonkie ·

Samuel, ek hoor jou. Maar ons almal weet mos nou al die maskers help in elk geval nie want die virus swem nie in spoegies nie, maar is “aerosolised” so hy vlieg in die lug rond op sy eie. So moenie daaroor stres nie.

Cherokee ·

Nie eens positiewe nuus soos diè, kalmeer die ênters nie. LOL..!

MakersMark ·

Behalwe die ou kp en hnp ênters hul dink nog dis 1980.

Andre ·

Laat my dink aan die fopnuus van die vrou wat êrens met opset wou covid opdoen, nou is sy nie meer met ons nie. Seker terug cnn toe.

VaalDonkie ·

Hier in my buurt is daar ‘n ou wat aan die begin beweer het hy het al 2 familielede aan covid verloor. Dit was in 2020. Blykbaar was beide verpleegsters of iets. Ek gaan soek toe die name en behalwe as sy ouma of oupa stout was onder die plaasarbeiders, weet ek nie hoe ‘n “Jan Du Toit” twee niggies genaamd “Xoliswa Tshabalala” het nie. (obviously nie regte name nie). Ons het in daai tydperk sewe sterftes onder medici in totaal in die Weskaap gehad en 6 uit die 7 was swart vroue (verpleegsters). Ek weet ons vry deesdae oor die kleurgrens en alles, maar ek weet darem nie.

Ek sien toe op sy facebook profiel hy’s ‘n “actor”, so ek neem aan hy laaik van aandag trek.

DJ ·

Intressant dat daar geen beriggewing is oor England en ander Europese lande wat alle Covid maatreels laat vaar nie.

Anel ·

Ons kinders is op die oomblik in Engeland en hulle sê dat alles die naweek op gehef word.

MakersMark ·

Google Hana Horka. En hoe AVr leuens haar lewe gekos het. Moet nie antivaxer leuens en bygelowe glo nie. Ent in.

Andre ·

Hoe vergelyk dit met SAVAER se data en bygelowe wat dink ente kan werk.

MakersMark ·

Van alle CV19 sterftes wereldwyd van 5.7 m mense is 95% oningeentes. As google te moeilik is stuur ‘n posduif. Sal printout terugstuur.

VaalDonkie ·

In die VK het hulle Covid sterftes met ‘n faktor van 9 OOR-rapporteer. Met ander woorde, jy moet ‘n nulletjie wegvat van die sterftesyfers om die ware nommer te kry. En mens wonder dan oor die res van die wereld se syfers. Want “met covid” en “aan covid” word mos nie geskei nie.

Jacob ·

Vir die wat alles wil waks, baie interessante data uit Ontario, Kanada op 17 Januarie 2022; Covid 19 Intensiewe Sorg opnames onder onge-entes = 195, gedeeltelik ge-entes = 17 en ten volle ge-entes = 196.

Hospitaal opnames met Covid 19, nie Intensiewe Sorg nie; onge-entes = 739, gedeeltelik ge-entes = 195 en ten volle ge-entes = 2050.

Vax at work???

piet ·

Welke persentasie van hulle bevolking is ingeent? As meer ingeent is as oningeent, is die sommetjie mos nou maklik. Oningeentes is dan meer geneig om intensiewe sorg gevalle te wees volgens daai syfers. Amper 80% van hul bevolking is ingeent. So daar is 4-keer meer mense ingeent as nie-ingeent nie. So in effek moet jy die oningeente getalle soos genoem maal met 4 om appels met appels te vergelyk. Kan jy dit verstaan?

Andre ·

Piet, die ente laat jou mos toe om siek te word maar nie sterf nie. Waarom dan hoegenaamd hospitaal toe gaan. Of hoe is die nuutste verduideliking?

Jacob ·

Piet, die drie hoof funksies van ‘n entstof is om infeksie te keer, aansteeklikheid te elimineer en ligte of ernstige siekte te vermy. Covid 19 “entstowwe” voldoen glad nie of nie naastenby ten volle aan enige van die eienskappe nie, dus kan die vraag gevra word, waarom dan inent?

Jy verstaan?

MakersMark ·

So volgens wie se ekspert opinie voldoen die inentings nie ? Wat se die statistiek ? Ingeentes vs oningeentes ?

piet ·

Jacob – Geen entstof kan keer dat jy aansteek nie (ook geen immuniteit nie). Dit gaan nie die fisiese aksie keer waar ‘n persoon in jou gesig hoes of nies nie. Al wat dit kan keer is ‘n fisiese versperring soos iets wat jou hele gesig bedek. Oukei nou het ‘n siek persoon in jou gesig gehoes en die partikels het in aanraking gekom met jou slymvliese Nou is jy geinfekteer (MAAR NOG NIE SIEK NIE), inenting of natuurlike immuniteit kan nie daai fisiese proses keer nie. Oukei nou is jy geinfekteer en dis nou wanneer die liggaam se weerstand intree en jou immuniteit navore kom. Miljoene mense is geinfekteer maar word nie siek nie (jy is eers siek as jy simptome toon). Wereldwyd is bewys dat inenting (waarna jy immuniteit opdoen) asook natuurlike immuniteit jou kanse verminder om in die eerste plek siek te word en verder dat jy ernstig siek word. Ek weet nie hoe om dit eenvoudiger te verduidelik nie. Infeksie is nie siek nie, probeer om dit eers te verstaan.

piet ·

Jacob – En daar is geen entstof wat aan al die veriestes wat jy noem voldoen nie ook nie die TB inenting nie, so moet nie eers dit probeer noem nie.

Oom Kaspaas ·

Jy kan dan dieselfde vraag vra oor UK – Hulle het 12milj meer infeksies as SA, maar net 60 000 meer sterftes – 153202 vs 93846 totaal

Oom Kaspaas ·

Jacob, Jy kan dan dieselfde vraag vra oor UK – Hulle het 12milj meer infeksies as SA, maar net 60 000 meer sterftes – 153202 vs 93846 totaal

VaalDonkie ·

Hulle het net 17000 sterftes aan covid. Die ander was terloops. Dis van begin 2020 tot einde 2021.

Hayntjie ·

Kan ons nie maar langs die gevalle per provinsie ook die persentasie daarvan per bevolking ook kry nie asseblief? Sodoende kan ons dan ʼn beter perspektief kry op die ware prentjie van aantal gevalle per provinsie.

Andre ·

Ek wonder net, as iemand nou ver die eerste keer gaan vax, watter een van die wat met boosters werk kry hy?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.