Covid-19-statistieke: Nog minder gevalle bevestig

(Argieffoto: Unsplash)

Nog 3 782 nuwe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika is bevestig, wat die algehele syfer op 3 417 318 te staan bring. Altesame 3 120 012 mense het reeds van die virus herstel.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar tans 206 477 aktiewe gevalle van die virus landwyd.

Nog 15 sterftes is sedert die vorige verslag bevestig, wat die getal sterftes op 90 829 te staan bring.

Volgens Nios is 17 230 toetse vir Covid-19 sedert die vorige verslag gedoen en die positiwiteitskoers staan in hierdie stadium op 22%.

Dit is heelwat laer as die positiwiteitskoers van ʼn dag tevore (27,2%). Die sewedaggemiddeld staan in hierdie stadium op 27,4%, ook laer as die 28,5% waarop dit die vorige dag gestaan het.

KwaZulu-Natal, met 27% van nuwe gevalle, het nou die Wes-Kaap (17%) en Gauteng (22%) verbygesteek as die provinsie met die meeste nuwe gevalle. Die provinsies word gevolg deur die Oos-Kaap (14%), Mpumalanga (7%), die Vrystaat (5%), Limpopo en Noordwes (3% elk) en die Noord-Kaap (2%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 522
  • Vrystaat: 185
  • Gauteng: 841
  • KwaZulu-Natal: 1 007
  • Limpopo: 132
  • Mpumalanga: 264
  • Noordwes: 120
  • Noord-Kaap: 66
  • Wes-Kaap: 645
  • Totaal: 3 782

Nog 150 mense is in hospitale opgeneem, wat die getal Covid-19-pasiënte in hospitale op 8 990 te staan bring.

Net 2 884 inentings is Maandag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.