Covid-19-statistieke: Nog minder nuwe gevalle

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Altesame 11 506 Suid-Afrikaners het nou Covid-19 onder lede nadat die jongste virusgevalle bekend gemaak is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar 685 nuwe koronavirusgevalle in die land aangemeld.

ʼn Totaal van 3 723 639 Covid-19-gevalle is al in die land bevestig met ʼn positiwiteitskoers van 5,4%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (46%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (20%) en KwaZulu-Natal (18%). Die minste gevalle is in Limpopo (minder as 1%) aangemeld.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap21625
Vrystaat201 292
Gauteng3154 657
KwaZulu-Natal1223 668
Limpopo384
Mpumalanga36343
Noordwes22559
Noord-Kaap9148
Wes-Kaap137130
Totaal68511 506

 

Twee sterftes, wat in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het, is intussen aangemeld, terwyl die sterftesyfer weens Covid-19 nou op 100 052 staan.

Die departement van gesondheid het vroeër gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die getal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 612 081 mense reeds van die virus herstel –  ʼn herstelkoers van 97%.

Suid-Afrika het reeds minstens 23 922 395 toetse vir Covid-19 gedoen en 12 697 sedert die vorige verslag.

Altesame 1 849 mense word tans in hospitale vir Covid-19 behandel, waarvan 26 nuwe gevalle in die afgelope 24 uur in ʼn hospitaal opgeneem is.

Volgens Nios is meer as 33,8 miljoen inentings tot dusver gedoen.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 588328 143
Vrystaat7 654193 578
Gauteng20 6611 185 870
KwaZulu-Natal16 048641 709
Limpopo4 586151 214
Mpumalanga4 705188 344
Noordwes4 721187 857
Noord-Kaap3 218105 596
Wes-Kaap21 871629 770
Totaal100 0523 612 081

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

Kyk nou net hoe luister COVID net na CR se toespraak. Nog minder gevalle.

Snowball

Meeste gevalle is in Gauteng, want almal moet hier toets voordat hulle kan landuit via ORT.

Alida

Hoe kan die Wes-Kaap net 130 aktiewe gevalle hê as daar 137 NUWE gevalle aangeteken is? Het 7 mense gesond geword nog voordat hulle siek geword het?

wim

Maandae rapporteer as ‘n reel minder gevalle as ander dae van die week, en gisteraand was vergelykbaar (trouens effens meer) met verlede Maandag. So “nog minder gevalle” is miskien ‘n snaakse keuse.

Gaan ons na vanaand raporteer gevalle het weer toegeneem? (Dinsdae tellings is gewoonlik heelwat meer as Maandae).

Papsak

Hierdie hele lockdown maskers ontsmetting afstend in entings boosters moet hulle net weet alles is onwettig hef alles op maar kyk hoe speel hulle ons