Covid-19-statistieke: Nóg talle in SA sterf

(Grafiek; pixabay)

Nóg 22 mense in Suid-Afrika het weens Covid-19 gesterf.

Die getal bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus het met 919 toegeneem en staan nou op 16 433, het die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, Maandagaand gesê.

Verreweg die meeste gevalle – altesaam 10 035 of 61,1% van gevalle – is in die Wes-Kaap aangeteken.

Sterftes wees Covid-19 in dié provinsie staan nou op 166.

Meer as 14 000 toetse is in die voorafgaande 24 uur gedoen.

Die meeste Covid-19-sterfgevalle was mans. Altesaam 160 mans en 126 vroue het in Suid-Afrika weens die virussiekte gesterf. Hulle was meestal tussen die ouderdom van 50 en 79, het Mkhize gesê.

“Terwyl ons voorberei vir die verslapping van afsonderingsregulasies moet hoërisiko-ouderdomsgroepe en diegene met onderliggende siektes soos hipertensie, diabetes, hartprobleme en mense wat erg oorgewig of MIV-positief is, ekstra voorsorgmaatreëls tref om moontlike blootstelling aan Covid-19 te verhoed,” het die minister gesê.

Tot dusver het 7 298 mense uit die 16 433 gevalle reeds van die siekte herstel.

Syfer in tronke styg steeds

Die bevestigde getal Covid-19-gevalle in die departement van korrektiewe dienste (DKD) neem intussen steeds toe. Die syfer staan nou op 605, van wie 186 beamptes van die departement en 419 gevangenes is.

Die Wes- en Oos-Kaap het die meeste voorvalle van die virussiekte en tot dusver is twee sterftes in elk van dié provinsies aangemeld.

“Gesondheidswerkers lewer ʼn enorme diens en daar is gereeld pasiënte wat herstel. Dit is dus uiters belangrik dat voorkomingsmaatreëls doeltreffend in korrektiewe sentrums is sodat infeksie verhoed en die getal aktiewe gevalle verminder kan word,” het Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die DKD, gesê.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem

Die wat sterf word alles nou covid gevalle,en die ingeksie getalle styg maat die prov in die noorde bly die selfde

Tewis

Kan Johan Alberts ASB vir ons die tronk stats ook probeer gee want al wat ons kry is hoeveel siek en dood is . Wat is hulle totale in die tronke werkers & gevangenis?

Se maar net

Syfer in tronke styg steeds, dit is kommerwekkend en dan wil hulle die mense vrylaat? Hoe weet hulle daardie gevangenisse wat vrygelaat word dra nie die virus en gaan versprei dit in die gemeenskappe waarheen hulle gaan nie? Hulle sal nie kan werk nie so wat gaan hulle doen? Nee wat hou hulle eerder in die tronk vir die veiligheid van gemeenskappe.

Elsa

Kom ons maak somme: ronde getalle:
300 oorlede uit 58miljoen inwoners. Dit is 0.00035 %
Amper net so veel is genees van die virus as wat dit op gedoen het.
My vraag is, word alles nie heeltemal uit verband geruk nie?

Wilhelm

22 mense dood van Covid 19, teenoor 57 mense wat gemiddeld daagliks vermoor word in SA.