Covid-19-statistieke: Nuwe getalle styg steeds

‘n Covid-19-pasiënt in die Tembisa-hospitaal. (Foto: Guillem Sartorio/AFP)

Nog 1 548 nuwe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika is bevestig, nadat dié syfer ʼn dag tevore op 1 129 gestaan het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê die algehele infeksiesyfer staan tans op 1 599 272. Tot dusver het 1 519 258 mense van die virus herstel, ʼn koers van 95%.

Altesame 71 nuwe sterftes is aangemeld wat die totaal op 54 896 te staan bring. Van die bykomende sterftes wat bevestig is, was drie in die Oos-Kaap, 23 in die Vrystaat, 16 in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, 16 in die Noord-Kaap en agt in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Limpopo, Mpumalanga of Noordwes aangemeld nie.

Net meer as 26 000 Covid-19-toetse is sedert ʼn dag tevore gedoen.

Daar is nou meer as 25 000 aktiewe gevalle landwyd. Die meeste hiervan is in KwaZulu-Natal.

ProvinsieSterftesReeds herstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 606184 501225
Vrystaat3 97383 9524 476
Gauteng10 791413 6214 881
KwaZulu-Natal10 433321 5745 492
Limpopo2 33661 545350
Mpumalanga1 40876 925883
Noordwes1 75864 3983 319
Noord-Kaap95437 1424 339
Wes-Kaap11 673275 6001 153
Totaal54 8961 519 25825 118

Teen Dinsdagmiddag is 414 372 gesondheidswerkers teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

annie ·

26 000+ Covid-toetse in een dag? Waar word die blitsige toetse gedoen en waar word duisende mense getoets? Daar moet baie labs wees. Vertel ons meer. Veral oor wie so hard werk… dag na dag. Maar dan val die spulletjie plat en word entstof drupsgewys toegedien. Hoekom word geen inligting oor ander siektes en die wisselwerking met ander siektes aangedui nie. Sterf mense nog aan vigs, tering of hartaanvalle/beroerte? Iewers is ‘n erge lugleegte of die opvangs nul.

Fritz ·

Covid is die wêreld se nuutste “fad”. n Fad wat 99.96% van die wêreld se bevolking laat oorleef. (3.3 miljoen sterftes uit n totale bevolking van 7.8 miljard.)

MakersMark ·

As al 7.8 bn mense so domastrant was soos die aanmerking en almal die voorkomings maatreëls verontagsaam het, en as dit nie vir van die wêreld se grootste nasies was wat al goed bevorder het met inentings nie, was die syfer baie hoër. Gelukkig het die meerderheid logika. En soos gewoonlik die paar agterosse wat sukkel met basiese konsepte.

Thom ·

As jy of enige ander persoon graag aan bv Covid wil sterf is dit jou voorreg __ die probleem met hierdie goggatjie is dat dit HOOGS aansteeklik is .

Francois Le Cochon ·

Annie, jy kan ander inligting kry oor siektes en sterwes op SA Statistiek se webtuiste. Soos met Covid statistiek, is al hierdie statistieke ook geverifieer deur Price Waterhouse Cooper, so jy hoof dit nie te betwyfel nie.

Kompas ·

Teen hierdie tyd moes ons al 2 miljoen mense ingeênt het. Sal baie vinniger moet inent voor kudde immuniteit bereik gaan word.

Johan ·

Ja kompasse, of toelaat dat die wat nie kwesbaar is net self natuurlik immuun opbou, soos die kinders, dan was dit lankal oor.

Oom Kaspaas ·

1548 Nuwe gevalle, aktiewe gevalle is 431 minder as gister dit beteken dat sonder die sterftes 1908 mense herstel het. So ons beweeg in die regte rigting

JohanCzu ·

Ek woon in Paraguay, en by ons het dit gelyk asof covid iets van die verlede was. So tussen 10 en 15 mense het per dag gesterf, en nuwe gevalle was heelwat minder as die wie gesond geword het. Toe kom die sogenaamde derde golf. Nou het ons meer as 2000 nuwe gevalle per dag, en tot meer as 100 sterftes per dag. As in aggeneem word dat Paraguay slegs 7 miljoen inwoners het teenoor Suid Afrika se ongeveer 60 miljoen kan mens sien hoe erg die derde vlaag hier is. Bid maar dat dit nie in Suid Afrika ook gebeur nie.
Dit maak nie saak of jy glo dis die “new world order” of die tokkelossie wat die siekte veroorsaak nie. Die siekte is werklik, en baie erg. Was dit nie vir al die stappe wat geneem is om die verspreiding te beperk, en die mediese wetenskap kans te gee om by te kom nie, sou daar nou al baie meer gesterf het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.