Covid-19-statistieke: Nuwe gevalle bly klim in dié provinsies   

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 2 638 900 bevestigde Covid-19-gevalle met 14 728 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het bevestig dat 2 638 981 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 22,1%.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (27%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (25%) en die Oos-Kaap (13%). Die algehele aktiewe gevalle is 158 584.

“Op nasionale vlak sien ons ʼn afname in die aantal daaglikse nuwe gevalle en die positiwiteitskoers, maar daar is ʼn paar verskille in tendense op provinsiale vlak,” het prof. Adrian Pure, waarnemende uitvoerende direkteur van Nios, gesê. Hy voeg by dat hoewel daar ʼn volgehoue afname in gevalle in Gauteng, Limpopo, Noordwes en Mpumalanga waargeneem word, die ander vyf provinsies ʼn toenemende of ʼn volgehoue aantal nuwe gevalle het.

“Die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Wes-Kaap blyk steeds op ʼn opwaartse helling van die derde golf te wees, hoewel die Wes-Kaap vroeë tekens toon dat hulle die piek van hul derde golf bereik het. Die Vrystaat en Noord-Kaap ervaar steeds ʼn bestendige aantal nuwe gevalle.”

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 78 377 nadat nog 384 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 402 020 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 91%.

Suid-Afrika het tot dusver 15 752 534 toetse vir Covid-19 gedoen, 66 645 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 575 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 13 929 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 9,9 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAlgehele gevalle
Oos-Kaap1 877248 118
Vrystaat995139 064
Gauteng1 756892 734
KwaZulu-Natal3 750438 786
Limpopo429117 169
Mpumalanga746137 389
Noordwes673137 694
Noord-Kaap57174 598
Wes-Kaap3 931453 429
Totaal14 7282 638 981

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap13 289223 517
Vrystaat6 061119 414
Gauteng18 269861 481
KwaZulu-Natal12 768375 976
Limpopo3 758109 999
Mpumalanga1 791130 171
Noordwes3 471114 439
Noord-Kaap1 87966 168
Wes-Kaap17 091400 855
Totaal78 3772 402 020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

VaalDonkie ·

Kan ek ‘n klein voorstelletjie maak? Sorteer die tabelle asseblief van hoogste syfer na laagste of laagste na hoogste sodat ons kan spog as ons provinsie bo- of onderaan is.

Anoniem ·

Volgens ‘n ander dagblad reken ‘n aktuaris by Discovery dat 4 uit 5 mense in SA alreeds die virus opgedoen het. Wonder hoe hulle by die som uitkom, want indien dit waar is, is ons baie naby aan kudde immuniteit?

VaalDonkie ·

Toemaar moenie whorry nie, hulle begin al klaar beweer “kudde-immuniteit” gaan nie hier help nie. Hulle is vlugvoetig as dit by verskonings kom

Samuel ·

Dit is so. Die heer Stipp se somme verstom my. Ons moet volgens sy berekeninge baie naby aan kudde immuniteit wees. Wie lieg vir wie?

Anel ·

Mens kan sien hulle beplan al klaar om seker masr vlak 5 Desember in te stel wsnt volgens hulle statistiek is die provinsies met kuslyne se gevalle besig on te styg. Ek wou nou altyd weet hoeveel van die wat nou positief toets word werklik siek. En hoeveel van die toetsings is nie al ‘n paar keet op een persoon gedoen nie.

Francois Le Cochon ·

Anel, sou jy se^ dat die hospitaal gevalle deel is van ‘n “paid audience”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.