Covid-19-statistieke: Nuwe gevalle daal steeds

(Argieffoto: Unsplash)

Heelwat minder nuwe Covid-19-gevalle as ʼn dag tevore is aangemeld. Die bevestigde getal koronavirusgevalle in Suid-Afrika staan tans op 3 316 585 nadat nog 8 515 nuwe gevalle aangemeld is. Tot dusver het 3 316 585 mense van die virus herstel.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar in hierdie stadium 199 847 aktiewe gevalle van die virus landwyd.

Heelwat meer sterftes is egter aangemeld. Die jongste sterftesyfer staan op 105 (net drie sterftes is in die vorige verslag aangemeld) en die algehele sterftesyfer is nou 90 453.

Die getal toetse wat positief is staan nou op 29,9%, ʼn afname van die 30,7% waarop dit ʼn dag tevore gestaan het. Die sewedaggemiddeld is 31,1%, ook effens laer as die vorige dag (31,3%).

Die meeste gevalle is steeds in KwaZulu-Natal (29%), gevolg deur Gauteng (22%), die Wes-Kaap (19%), die Oos-Kaap (8%), Noordwes (7%), die Vrystaat (5%), Mpumalanga (4%) en Limpopo en die Noord-Kaap (3% elk).

Nuwe gevalle:

  • Oos-Kaap: 651
  • Vrystaat: 402
  • Gauteng 1 890
  • KwaZulu-Natal: 2 496
  • Limpopo: 221
  • Mpumalanga: 333
  • Noordwes: 601
  • Noord-Kaap: 296
  • Wes-Kaap: 1 625
  • Totaal: 8 515

Altesame 328 mense is intussen in hospitale vir die behandeling van Covid-19 opgeneem. Dit bring die algehele syfer op 8 435 te staan.

Altesame 71 874 dosisse entstof is Maandag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.