Covid-19-statistieke: Nuwe gevalle daal weer

(Argieffoto: Unsplash)

Die algehele getal nuwe gevalle van Covid-19 – altesame 648 nuwe gevalle – is minder as ʼn dag tevore (816) en is ook laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (818).

Dít terwyl die positiwiteitskoers in hierdie stadium op 2,9% staan.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar tans 32 572 aktiewe gevalle van die virus. Die meeste hiervan is in KwaZulu-Natal (18%), gevolg deur Gauteng en die Wes-Kaap (17% elk), die Noord-Kaap (14%), die Oos-Kaap (11%), die Vrystaat (10%), Mpumalanga (7%), Noordwes (5%) en Limpopo (1%).

Daar is in hierdie stadium reeds meer as 2,9 miljoen gevalle van die virus in Suid-Afrika bevestig en meer as 2,7 miljoen mense het reeds van die siekte herstel.

Nog 25 sterftes is bevestig, wat die algehele sterftesyfer op 88 317 te staan bring.

Volgens die Nios is net minder as 18 miljoen toetse tot dusver vir Covid-19 gedoen. Hiervan is 22 098 sedert die vorige verslag afgehandel.

Net 21 867 dosisse entstof is Sondag toegedien en bring die algehele getal dosisse wat reeds toegedien is, op net meer as 19,04 miljoen te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

miavos ·

Die Spaanse griep van 1918 het net ‘n bietjie langer as twee jaar geduur. Ek het ‘n gevoel dat die huidige pandemie aan die afkoel is. Nie dat ons enigsins agtelosig mag raak nie, maar kom ons bid en hou duim vas dat dit nou spoedig tot ‘n einde sal kom. Alle dinge, goed of sleg, kom tot ‘n einde!

VaalDonkie ·

Ek weet nie daaroor nie. Want die Spaanse Griep kon himself uitwoed, maar ons traai die Covid pandemie uitrek in ‘n poging om lewens te spaar. Ek is bang dat dit kan beteken ons gaan baie langer in hierdie partytjie wees as 100 jaar gelede. Maar ek hoop ek is verkeerd.

Dirk Mostert ·

Die lae “positiwiteit” is waarskynlik ‘n aanduiding dat die aantal konsentrasiesiklusse van die PCR-toets drasties verlaag is, soos 20 (hoofsaaklik negatief) teenoor 50 (hoofsaaklik positief). Na die verkiesing keer ons weer terug na 40 siklusse soos voorheen en verwag vlak 4 teen Desember.

B-Man ·

Dink nie die regering is so slim nie. Hulle wou dan verkiesing uitstel na volgende jaar omdat ons nou mos in die volgende golf moes wees. Dit sit nie in hulle broek om so ver vooruit te dink nie.

VaalDonkie ·

Die grondwet-hof het mos bepaal ons MOET verkiesing hou? Maar nou ja. Mens sal nooit rerig weet nie want jy mag mos nie inluister as hulle vergadering hou nie. Mens kan maar net die feite wat jy het interpreteer en hoop jou teorie kan die toekoms akkuraat voorspel. Dis immers die toets vir ‘n goeie teorie: of jy dit op data kan toepas en akkurate voorspellings kan maak. Dis nie te se dis waar nie, maar ten minste is dit akkuraat. Soos daai oom van jou wie se beentjie seer raak voor dit gaan reen.

Johan ·

Thom weet jy wragties nog steeds nie hoe van die toetse werk en gemanipuleer word nie! Gaan spuit jou nou in en begin oor dit kom ASB.

Andre ·

Dis so lekker om te dink die top aangestelde mediese kenners deel al die kennis wat hulle het met ons. Ons moet net luister.

Andre ·

Follow the money, en vind die gevaar. En luister mooi hoe die kenners dieselfde voorgeskrewe storie versprei.

Belinda ·

Wonders wat kan gebeur as jy die land van die rooi-lys wil afhaal ne….

VaalDonkie ·

Belinda, dit is baie jammer dat jy twee afduimpies gekry het. Want dit is eintlik ‘n baie goeie opmerking. Ons kon nog nooit die ANC regering vertrou met eninge syfers nie, maar nou ewe skielik is hulle hoog heilig en kannie ‘n voet verkeerd sit nie?

Cherokee ·

Miskien sal covid-19 uitgewoed wees in Junie 2023.
Die eerste persoon gediagnoseer daarmee, was op oujaarsdag 2019 in Wuhan, Sjina.
Miskien is dit die dier waarvan Openbaring 13 vertel. Indien wel, sal dit toegelaat word vir 42 maande. Dan sal dit uitgeroei word. Dit is as dit die Openbaring 13 voorspelling is wat nou gebeur.

MakersMark ·

Weer die daaglikse lading snert. Help nie daar word een versie heeldag gelees nie. Daar is ‘n ou en nuwe testament wat die bybel opmaak. Een versie wonders gekoppel aan wensdenkery – hulle lees die bybel maar mis die evangelie. Wat moes die Christene van die vroeë kerk gedink het toe Nero hul vol teer gesmeer en as lampe gebruik het in Rome se strate ? Watter versie van Openbaring sou hul na verwys dat die “dier” en die eindtye aangebreek het ? Of watter dier in Openbaring was die swart dood pes van die middeleeue, of die spaanse griep en die wêreldoorloë, of die Viëtnam oorlog?

Casper ·

Daar is nog 32527 aktiewe gevalle in die land.ons kan nog steeds nie waaksaamheid teenoor gesonheidsprotokolle verslap nie.Ek sê weer en ek bly by my standpunt daar gaan nog heelwat mense wat in hospitale opgeneem is gaan sterf a g v die virus.Die dodetal gaan nog statistiek bykry.Die pandemie is nie verby nie.

KB ·

32527 se stert. Wat van al die gevalle waarvan die regering nie weet nie? Die publiek het syfer-befoeterd geraak.
Begin net weer LÉÉF!

KB ·

Ek wag nog vir die syfers van die aantal mense wat die hospitale lewend verlaat het en herstel het.

Lyk my dit word óf nie gedoen nie, óf verswyg. Dit skep wantroue.

Dan wonder ‘n Bevelsraad hoekom mense weier om ingeënt te word, en/of twyfel in die entstof se nut.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.