Covid-19-statistieke: Nuwe gevalle in Gauteng styg

Argieffoto (Foto: Fernando Zhiminaicela/Pixabay)

Suid-Afrika het teen Donderdagaand altesaam 2 927 499 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 585 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 40 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 89 555 te staan bring.

Altesaam 2 820 613 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. In hierdie stadium is daar 17 331 aktiewe gevalle van Covid-19.

ʼn Totaal van 34 529 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 17 620 (51,6%) in die private sektor en 17 707 (48,4%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is in die Gauteng (33%), gevolg deur KwaZulu-Natal (18%), Wes-Kaap (16%), Oos-Kaap (15%), Mpumalanga (7%), Vrystaat (6%), Noordwes (4%), Noord-Kaap (3%) en Limpopo (2%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Gauteng: 372
  • KwaZulu-Natal: 54
  • Wes-Kaap: 40
  • Vrystaat: 28
  • Mpumalanga: 26
  • Noordwes: 19
  • Limpopo: 19
  • Oos-Kaap: 18
  • Noord-Kaap: 9

Die departement het aangedui dat altesaam 24 471 210 inentings teen Donderdagaand gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Harley Davidson ·

Hoe vergelyk die virus met verkoue en griep wat ook deur die jaar voorkom.

Anel ·

Ja, nee, hier kom dit nou. Enige rede om die inperkung te regverdig en om algehele inperki g in Desember toe te pas. Dink die spul ons is skape? Wat het van gewone somer verkoue en griep geword? Alles is mos coverd. Hoop maar die mense wat antwoorde deur die hof versoek, kry die nonsens onwettig verklaar.

Renier johannes ·

Gou om die getalle te gee maar vat weke om steme te tel wat n grap

Kaytee ·

Die wat die SIRKUS se getalle elke dag so kan tel en opdateer – SONDER om ‘n fout te maak – moet asb by Binnelandse sake en die lisensiekantore gaan werk!!

Jaco ·

Soos ek verstaan is die getalle wat hul elke dag rappporteer al 2 weke oud. En dit maak sin as jy vat dat maandag 2 weke terug die verkiesing was, wat die getalle sal laat styg aangesien almal na dieselfde plekke heen moes gaan.

Hendrik ·

In watter woonbuurte in Gauteng is die probleem? Silver Lakes en Mamelodi se statistieke word saam gegee. Is die gevalle in Mamelodi of Silver Lakes sodat ek die winkels kan vermy in die bepaalde gebiede.

Irma ·

Ja Hendrik, dit help nie MM se gevalle is besig om toe te neem in Gauteng nie. In watter woonbuurtes in Gauteng is die toename in gevalle, wees asb ‘n bietjie meer spesifiek.

Porseleintjie ·

Desember mos amper hier. Tyd om magsvertoon weer toe te pas.

Francois Le Cochon ·

Ek sien die ANC is ook tans besig om magsvertoon toe te pas in Ierland en Oostenryk, met die streng inperkingsmaatreels daar.

Oomniklaassevriend ·

Ierland en Oostenryk behoort nie ‘n problem te ondervind nie hulle is dan hoogs gevaksineerd!

Francois Le Cochon ·

Oom, in Ierland word net diegene met ‘n inent-sertifikaat in winkels en openbare areas toegelaat. In Oostenryk is oningeentes op vlak 5 geplaas, en mag hulle net hul huise verlaat om kos te koop, of om te gaan vir inenting.

Papsak ·

Ag hulle dink ons kinders ons is groot mense stop julle ou speletjies nou julle is af gesaagd noual gaan leer tel en hou op julle slim hou want julle is nie

Frank John ·

Syfers word seker weer aangepas sodat hulle hul lockdown kan implimenteer. Beheer-gees.

annie ·

Hoekom juis in Gauteng? Is dit omdat ‘n sekere party groen gras geplant het? Of toets daai provinsie meer geredelik sy inwoners? Ons raak nou bekend vir al die sieners in ons midde. Ons covid-voorspookers is goed oppad na 16 Desember se breakdown tot einde Januarie wanneer Engeland weer sê ons mag laat skiet of van die rugbyskytsregters die bokke effens vergewe het soos tommy-gentleman’s glo doen.

Ian ·

Hier is n GROOT gekonkelry, liegery, bedrieery as daar so n woord is aan die gang. Dit klink dan nou so dat hulle wil nou weer n lockdown bewerk stellig dan wil hulle mos nou die land probeer reset??? Dis al wat jy gaan regkry met lockdowns.

Robert ·

Gaan leees bietjie op daaroor… veral op die VN se webtuiste, dit word oop en bloot uitgespel…

Michael ·

Kharim het op die perskonferensie verklaar die “4e vlaag” sal 02 Desember op ons wees-nogal briljant hoe hy dit kan verklaar. Die gevalle sal nou moet begin styg anders het hy ‘n vals verklaring gemaak. Maak maar gereed vir verdere kommunistiese inperkings.

Marisa W ·

Hierdie is ‘n “self-fulfilling prophecy” – hulle doen meer toetse om te sien of die syfers klim en meer toetse gaan natuurlik meer nuwe gevalle oplewer

Misky ·

Aangesien hulle lief is vir statistieke, wil ons asb ook daagliks hoor hoeveel van daai sterftes was mense wat reeds inenting ontvang het. Indien hulle nie lieg nie, moet al daai sterftes ongevaccineerdes wees.

Madeleine ·

Die inentings maak reeds groot skade. Ek hoor van Baie mense. Maar dit word nie ‘getel’ nie. Nie eers gepubliseer nie.

Lubbe ·

Ken jy dan iemand persoonlik wat dood of siek is van die inenting? En dan die ander vraag, ken jy iemand wat dood is aan Covid? Doen die wiskunde, dan praat ons weer.

piet ·

As daar wel sterftes aan Covid was nadat mense volledig ingeent is, sal dit slegs enkele rare gevalle wees want dis wereldwys bewys in talle lande waar sodanige statistiek beskikbaar is. So, ek weet nie wat jy probeer se nie.

SlinkseKoljander ·

Desember kom, die ANC moet gou spring om die Wes Kaap se toerisme stop te sit.
Wat `n groot grap!

Die “virus” is net verkoue en alles word bestuur deur geld en die politiek.

Thom ·

Julle insig in virologie grens aan die insig van Julius Malema in ordentlikheid .

Genis ·

Ja nee, hier kom dit, voorspel klaar datums vir nuwe sogenaamde virus… Ek is so moeg vir die klomp twak…

TO ·

Ja en my naam is krismis vader. Dit raak k s nou weer Desember. Nou sal ons weer gevangenes in ons eie huise wees, maar die taxi’s word oorlaai, en gery sonder maskers. Regtig dis n grap

Robert ·

Kyk net hoeveel het reeds herstel! Dit is die eintlike getal wat merkwaardig is vir so ‘n “dodelike” virus.

Dirk Mostert ·

Maroela lesers word herinner aan my voorspellings laasmaand:
Dalende “nuwe infeksies” met Vlak 1 afgekondig voor die verkiesing. ‘n Laagtepunt “nuwe infeksies” tydens die verkiesing. Toenemende “nuwe infeksies” na die verkiesing en terug na ‘n hoer inperkingsvlak in Desember. Die aantal “nuwe infeksies” (>90% asimptomaties) is manupileerbaar met wisselende aantal toetse asook wisselende aantal konsentrasie-siklusse van die PCR-toetse (gekenmerk deur wisselende “positiwiteitskoers”). Die jongste aantal “nuwe infeksies” is meer as 700. Ons is nou mooi op koers!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.