Covid-19-statistieke: Nuwe gevalle neem weer toe

(Argieffoto: Unsplash)

Nog 1 149 nuwe gevalle van Covid-19 is aangemeld nadat minder as ʼn duisend gevalle ʼn dag tevore bevestig is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is die algehele getal koronavirusgevalle in die land nou 2 908 768. Die positiwiteitskoers het effens gestyg en is tans 3,2%.

Nog 59 sterftes is bevestig en in die geheel het 87 981 mense tot dusver aan die virus gesterf.

Die meeste nuwe gevalle is nou weer in die Wes-Kaap (22%), gevolg deur KwaZulu-Natal (18%), Gauteng (14%), die Vrystaat (12%), die Oos-Kaap (11%), die Noord-Kaap (8%), Noordwes (7%), Mpumalanga (6%) en Limpopo (1%).

Daar is in hierdie stadium 24 378 aktiewe gevalle van die virus en meer as 17,8 miljoen toetse daarvoor is reeds gedoen. Altesame 35 715 hiervan was sedert die vorige verslag.

Die getal nuwe gevalle (1 149) is hoër as ʼn dag tevore (768) en ook hoër as die getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (1 111).

Volgens Nios is nog 103 mense in hospitale vir behandeling van Covid-19 opgeneem en 5 874 mense word tans vir die virus behandel.

Altesame 212 790 dosisse entstof is Woensdag toegedien en die getal dosisse wat sedert die aanvang van die inentingsprogram gedoen is, staan op 18,5 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

KB ·

Neem liewers die gemiddelde per dag van week A, en vergelyk dit met die gemiddelde per dag van week (A minus een)…d.i. die vorige week.

Die somme word bietjie impulsief gemaak.

Anoniem ·

Gaan kyk op die web, daar word baie meer statistieke gedoen as wat hier berig word

JM ·

Natuurlik sal die gevalle toeneem, want ‘n toenemende getal mense loop sonder maskers, veral onder “our people.” Die groot getalle Cosatu-stakers dra nie een ‘n masker nie.

Andre ·

“Our people” weet meer. En by ‘n staking is dit blykbaar onwettig om enige masker te dra. Hoe beskerm die masker eintlik? Modereerder sal seker kan sê want ek kon nog geen verduideliking kry nie, behalwe dat iets jou mond en neus moet bedek.

Fritz ·

Trek daai surfboards en wetsuits nader. Die 5de golf is hier.

VaalDonkie ·

Sal maar die 5de golf moet ry want die strande gaan seker weer “off-limits” wees.

Pieter ·

Desember kom nader nou begin die anc sirkus al weer iu cele is seker al klaar in die kaap.

Andre ·

Het dit iets te doen met die nuwe vlaag van spuite. Modereerder sal seker weet.

VaalDonkie ·

Dis seker die Vooma-weekend inspuitings wat nou getel word.

Samuel ·

Na die verkiesing en die voorafgaande politieke saamtrekke, gaan ons weer ‘n vars golf van die pandemie hê. Dankie, Cyril.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.