Byna 66 000 Covid-19-toetse is sedert die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se vorige verslag oor koronavirussyfers gedoen en altesame 16 055 nuwe gevalle is aangemeld.
Die styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 24,3% en 3 004 203 positiewe gevalle is bevestig sedert die uitbreking van die pandemie. Altesame 2 852 898 mense het reeds van die virus herstel.
Nog 25 sterftes is intussen bevestig, wat die algehele syfer op 89 944 te staan bring.
Hoewel al hoe meer gevalle nou ook in ander provinsies aangemeld word, is verreweg die meeste nuwe gevalle steeds in Gauteng (72%). Die provinsie word gevolg deur die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal (6% elk), Noordwes (5%), Mpumalanga (4%), Limpopo (3%), die Vrystaat en Oos-Kaap (2%), met die Noord-Kaap op 1%.
Nuwe gevalle per provinsie:
- Oos-Kaap: 292
- Vrystaat: 296
- Gauteng: 11 553
- KwaZulu-Natal: 897
- Limpopo: 500
- Mpumalanga: 662
- Noordwes: 805
- Noord-Kaap: 93
- Wes-Kaap: 957
- Totaal: 16 055
In hierdie stadium is 24,3% van toetse positief, hoër as die gemiddelde 22,4% van ʼn dag tevore. Die sewedaggemiddeld staan tans op 14,7%, ook hoër as die gemiddelde 12,6% van die vorige dag.
Nog 279 mense is in hospitale vir behandeling van Covid-19 opgeneem en altesame 3 202 mense word tans in private en staatshospitale vir die virus behandel.
#COVID19 UPDATE: A total of 65,990 tests were conducted in the last 24hrs, with 16,055 new cases, which represents a 24.3% positivity rate. A further 25 #COVID19 related deaths have been reported, bringing total fatalities to 89,994 to date. See more here: https://t.co/PzzZEUQzNl pic.twitter.com/1qn1apRkri
— NICD (@nicd_sa) December 3, 2021
Intussen is nog 147 147 dosisse Vrydag toegedien en ʼn bykomende 101 435 mense is nou ten volle ingeënt.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
149 Kommentare
Gewone verkoue
Ek is net so dankbaar ek is ingeënt. Geen stres verder nie…
En so sal dit aanhou totdat ons volgende week op vlak 5 is vir die volgende 2 maande. Dit is mos so beplan. 25 mense dood maar hieveel is nie vermoor en in mitoro gelukke dood nie. Maar dit is niks. If selfmoord en selfs van honger. Maar nog steed is dit niks. Solank jy net nie verkoue kry nie! Hierdie spul wat nou so positief getoets word, hoe eel is eerklik siek tot op die randjie van die dood, hoeveel gaan werklik dood en hoeveel makeer in werklikheid niks? Hierdie is net ‘n magspel en geldmaakspul. Gauteng bestaan uit… Lees meer »
Die inentings gaan my nie vrywaar teen aansteek nie. Ek het gaan in-ent maande na my herstel van die Covid 19, toe ek erg siek was. Nou skep ek eintlik net hoop en selfvertroue vir ‘n heelwat ligter tweede Covid siek periode, as ek weer besmet raak.
Lees meer by naturalnews van al die gevare.