Covid-19-statistieke: Nuwe gevalle styg weer

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 3 699 nuwe laboratorium‑bevestigde gevalle van Covid-19 is aangemeld, met die positiwiteitskoers wat nou op 9,7% staan. Dit is ʼn styging in die koers wat ʼn dag tevore 7,7% was.

Die nuwe gevalle bring die algehele getal bevestigde gevalle op 3 648 968 te staan. Hiervan het 3 513 078 mense reeds herstel, ʼn koers van 96,2%. Net meer as 38 000 nuwe laboratoriumtoetse is sedert die vorige verslag gedoen.

Gauteng bly die provinsie met die meeste nuwe gevalle (36%), en word gevolg deur die Wes-Kaap (17%), KwaZulu-Natal (12%), Mpumalanga en Noordwes (9% elk), die Vrystaat (6%), Limpopo (5%), die Oos-Kaap (4%) en die Noord-Kaap (2%).

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê nog 89 sterftes is bevestig, maar net sewe hiervan was in die 24 tot 48 uur voor die jongste verslag.

Nog 78 mense met Covid-19 is in hospitale opgeneem, terwyl 3 714 mense wat hospitaalbehandeling ontvang, die virus onder lede het.

Daar is Woensdag 72 296 dosisse van die Covid-19-entstof toegedien, wat die algehele syfer op 30,7 miljoen dosisse te staan bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

52 Kommentare

jongste oudste gewildste
Adriaan

New research led by economist Steve Hanke and published by Johns Hopkins University evaluated 24 relevant studies examining lockdown stringency, the impact of stay-at-home orders and the effectiveness of specific restrictions.

The meta-analysis concludes that “lockdowns have had little to no effect on COVID-19 mortality.”

All the pain and sacrifice we endured from those orders achieved little—despite their tremendous costs.

Jacob

…maar die week tot week gevalle is vandag in vergelyking met ‘n week gelede, 8% minder en sterftes is 2% minder. Gelukkig is daar nou klinkklare bewyse dat daar geen motivering meer is om mRNA inentings af te dwing nie omdat dit nie werk nie en natuurlike immuniteit onvergelykbaar beter is as wat enige mRNA inspuiting ooit kan hoop om te bied. Interessant is ‘n artikel wat publiseer is in CellPress wat skokkende inligting bevat aangaande die tydsduur wat “spike protein” na mRNA inspuitings nog vir so lank as 8 weke opspoorbaar is nadat die versekering gegee is dat dit… Lees meer »

George

Verplig inentings en laat alles oop

Anel

Ja, wat en volgens die slimmes in die regering is die 5 de vlaag oppad. Hulle weet nog nie wat sy naam is nie, maar hy is oppad. So tot dan moet ons nog glo ingeperk wees en as hy hier is begin alles weer van voor af, want dan is ons mos nou al gewoond aan die oefening. Ander land laat vaar alles, maar hier kyk hulle hoeveel hulle dalk nog kan skep. Siek spul!!!

Dis my mening

Daar is BAIE erger dinge aan die gang as verkouvid.