Covid-19-statistieke: Nuwe infeksies daal

(Argieffoto: Unsplash)

Heelwat minder nuwe Covid-19-infeksies is aangemeld as ʼn dag tevore.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in sy daaglikse bywerking van syfers nog 10 748 nuwe koronavirusgevalle is aangemeld, wat die algehele syfer op 2 690 973 te staan bring.

Dit is ʼn positiwiteitskoers van 20,7% en nog 51 830 toetse vir Covid-19 is gedoen.

Sondag se nuwe gevalle (10 748) is laer as dié van ʼn dag tevore (13 261) en ook laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die voorafgaande sewe dae (12 198).

Daar is tans 167 143 aktiewe gevalle.

Nog 170 sterftes is bevestig, wat die algehele syfer op 79 421 te staan bring, terwyl nog 219 mense in hospitale opgeneem is vir behandeling van Covid-19. In hierdie stadium word 13 510 mense landwyd in private en staatshospitale vir die virus behandel.

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 1 704
  • Vrystaat: 515
  • Gauteng: 1 022
  • KwaZulu-Natal: 3 369
  • Limpopo: 215
  • Mpumalanga: 690
  • Noordwes: 409
  • Noord-Kaap: 488
  • Wes-Kaap: 2 336
  • Totaal: 10 748

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (31%) en die Wes-Kaap (22%). Die provinsies word gevolg deur die Oos-Kaap (16%), Gauteng (10%), Mpumalanga (6%), die Vrystaat en die Noord-Kaap (5% elk), Noordwes (4%) en Limpopo (2%).

Altesame 23 910 inentings is sedert ʼn dag tevore gedoen en meer as 10,5 miljoen mense is reeds teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Francois Le Cochon ·

Nee, die getalle is nie korrek nie. Dit weerspieel net die aangemelde gevalle. Werklike gevalle is veel meer.

VaalDonkie ·

En dis die totaal vir 2020 en 2021 saam, nie net vir 2021 nie. So dit lyk in elk geval erger as wat dit behoort te wees.

jou gewete ·

ja hierdie golf ry die media en regerings met oorgawe, daar gaan nie gou weer so iets kom nie

jou gewete ·

natuurlik nie, word deur anc verskaf so jy kan geld wed daarop dat dit heeltemal verkeerd is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.