Covid-19-statistieke: Onder 1 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Sondagaand altesaam 3 694 504 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 972 nuwe gevalle is aangemeld. Die jongste positiwiteitskoers is 5,5%.

Nog 13 sterftes is aangeteken, waarvan geen die afgelope 24 tot 48 uur bevestig is nie. Dit bring die algehele sterftesyfer op 99 725 te staan.

Altesaam 17 697 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 10 965 (62%) in die private sektor en 6 732 (38%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (37%), gevolg deur die Wes-Kaap (25%), KwaZulu-Natal (17%), Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes (5% elk), Noord-Kaap (3%), Oos-Kaap (2%) en Limpopo (1%).

Nuwe gevalle per provinsie:

Gauteng: 358
Wes-Kaap: 241
KwaZulu-Natal: 169
Vrystaat: 50
Mpumalanga: 48
Noordwes: 46
Noord-Kaap: 25
Oos-Kaap: 24
Limpopo: 11

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Flip ·

Die enigste rede hoekom hulle nie die ramptoestand wil ophef nie is omdat hulle bang is die land brand oor die opheffing van die R350 wat almal per maand kry.

SwartBees ·

Plaas werk hulle vir daai R350….maak n pothole toe, sny die parkie se gras, pas die elektriese darde op teen kabe diefstal, tel paiere op, vee n straat blok, doen herstel werk, leer iets nuuts deur saam te werk. Die punt is, doen iets positiefs vir daai R350 om dinge te verander ipv net agteroor sit en wag vir dit om in jou skoot te val.

VaalDonkie ·

Ja sure, ek stem. Maar rerig, as dit net oor die R350 “grant” gaan, laat hulle dit dan maar aanhou uitdeel.

Frank ·

Om die ramptoestand op te hef sal vir die misbol regering n ramp wees, en omdat ditn ramp sal wees kan hulle nie die ramptoestand ophef nie.

Miena ·

Wonder net wanneer is daar weer n “familie vergadering” met n toespraak van dit wat ons alreeds weet – en dit wat ons verwag / antisipeer? Nie dat ek regtig na die blah-blah-blah- luister nie maar omdat ek die “My fellow satafricans…” woorde mis. Ek is al soooooooooo reg om my hope en hope maskers te verbrand…

Manie ·

Die antie het weer die ramptoestand so stil stil vir nog ‘n maand verleng.

Miena ·

Het so iets gelees erens onlangs… As daai tannie kopdoek enigsins goeie advies mog kry en sy gaan dit nie deurvoer en oorstuur na oom Cyril toe nie… dan sien ek net weet skop, spring en dans aan die kom op die horison!

Anel ·

Miena, ek het net ‘n plastiese gesigskerm. Ek dra hom nog al die tyd. Ek weier om geld te mors op gemors. Kan nie wag om hom in die herwinningsdak te gooi nie.

Johan ·

Waar is die medici wat die onderdrukking met soveel ywer ondersteun het nou? Kruip maar lekker in jul spreekkamertjies weg.

Cobus ·

Sal nog lank aanhou, die zappers wil nie alleen gezap wees nie. Hulle wil ook nie terug werk toe gaan nie, is mos lekker by die huis.

MakersMark ·

Ingeentes werk lankal by die werkplek. Ander probeer stories van komorbiditeite en regte voorlê om nie daar hoef te wees nie.

Papsak ·

Hulle sal ie op hef nie want dan kan hulle nie meer geld maak nie

Adriaan ·

Pfizer Buried Their Data in the Authorization Process—Fraud Becoming Clear—Could Lose Protections

Dr. Ryan Cole: “If an authorization from a legal point of view is obtained through fraud, then the liability protections these pharmaceutical companies are granted through the CARES Act by Common law, those protections go away.”

MakersMark ·

O ja ‘n patoloog het vir CV19 pasiente anti parasitiese middels gegee tot hul later bitter siek hospitaal toe is en deur konvesionele terapie gesond geword het. Idaho raad van patoloeë en mediese raad beplan reeds aksie asook is die patoloog nou in ‘n ondersoek deur die Wahington mediese raad vir verspreiding van valse informasie. Die patoloog en sy praktyk is reeds verban van Idaho se grootste mediese groepe St. Luke’s Health Partners. Dink eerder aan meer “upstanding” persona om te kwoteer.

MakersMark ·

Interessante opskrif vandag “Unvaccimated South Africans face higher life insurance premiums”.

Genis ·

Weet iemand hoeveel mense word brutaal vermoor n dag in SA? Dit behoort ook baie lugtyd te kry?

Pietertjie ·

Dit lyk asof die voorspelde vyfde vlaag soos buikwind gaan verdwyn.

VaalDonkie ·

Toemaar, hulle werk solank aan hom daar in Shenzhen in China. Nee, ek grap nie. Shenzhen het ewe skielik sommer dubbel die COVID gevalle aangeteken oor die naweek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.