Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers af, herstelkoers op  

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Suid-Afrika het nou meer as 2 886 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 179 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het bevestig dat 2 886 331 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 6,1%.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (27%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (17%) en die Oos-Kaap (15%). Die totale aktiewe gevalle is 56 090.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 86 376 nadat nog 160 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 743 865 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 95,1%.

Suid-Afrika het tot dusver 17 410 204 toetse vir Covid-19 gedoen, 35 819 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 175 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 8 150 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 16,3 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap329288 331
Vrystaat297159 531
Gauteng256914 455
KwaZulu-Natal594507 916
Limpopo28121 609
Mpumalanga122150 075
Noordwes83148 897
Noord-Kaap12289 083
Wes-Kaap366506 734
Totaal2 1972 886 331

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap14 638267 522
Vrystaat6 603145 583
Gauteng19 233892 645
KwaZulu-Natal14 246468 118
Limpopo3 949116 329
Mpumalanga1 957146 835
Noordwes4 029140 407
Noord-Kaap2 14881 233
Wes-Kaap19 573485 193
Totaal86 3762 743 865

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.