Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers, aktiewe gevalle daal

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Altesaam 3 232 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 475 512 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 18,6%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (28%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (25%) en die Wes-Kaap (23%). Die totale aktiewe gevalle is 160 048.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 91 312 nadat nog 87 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 3 224 152 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 92,8%.

Suid-Afrika het tot dusver 21 304 188 toetse vir Covid-19 gedoen, 17 339 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 127 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 9 283 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 28 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap28512 291
Vrystaat15116 022
Gauteng90812 626
KwaZulu-Natal79758 838
Limpopo792 751
Mpumalanga892 668
Noordwes1179 839
Noord-Kaap749 144
Wes-Kaap73235 889
Totaal3 232160 048

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 426302 088
Vrystaat7 177167 232
Gauteng20 1501 105 092
KwaZulu-Natal15 081542 765
Limpopo4 159135 196
Mpumalanga2 031172 916
Noordwes4 404165 500
Noord-Kaap2 46091 022
Wes-Kaap20 424542 341
Totaal91 3123 224 152

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

annie ·

Navorsing met interessante inligting oor die gesondheidsgevare van maskers is op die web beskikbaar. Veral noudat party lande kinders wil dwing om maskers vir ure aaneen te dra; kinders wat oor die algemeen meer aktief is kan glo erg benadeel word. Daar is ook reeds glo bevind dat virusse deur die klein openinge in die materiaal kan beweeg.

Dirk Mostert ·

Slegs 127 hospitaalopnames uit 3,232 “gevalle” dws 4% siekerig. Wonder hoeveel van die opnames was reeds in hospitale vir ander skete en is in die hospitaal positief getoets. Hoe dikwels word die sg aktiewe gevalle getoets om vas te stel of hulle al herstel het en tel elke nuwe positiewe toets as ‘n nuwe infeksie? Dis wat uit die buiteland gerapporteer word.

VaalDonkie ·

Mens moet eintlik net na die sterftesyfers en ICU opnames kyk. Die res van die syfers beteken niks.

Robert ·

Kyk ook na die herstelseyfers! Asemrowend hoeveer herstel!

Robert ·

Tyd om die ramptoestande op te hef, die instelling daarvan was die eintlike ramp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.