Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers daal effens

Foto ter illustrasie. (Foto: Joe Raedle / Getty Images via AFP)

Minstens 2 930 174 mense in Suid-Afrika het nou al Covid-19 opgedoen nadat nog 312 nuwe virusgevalle Maandag aangemeld is.

Dit is heelwat minder as die aantal nuwe Covid-19-gevalle wat ʼn dag tevore aangeteken is (687).

Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 2,3%.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke is daar is nou 19 109 aktiewe virusgevalle in die land.

Die meeste nuwe gevalle is weer in Gauteng (77%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap (5% elk), Limpopo en Mpumalanga (3% elk), die Oos-Kaap, Noordwes, die Vrystaat en die Noord-Kaap (2% elk).

ProvinsieNuwe gevalle op 22 November 2021
Oos-Kaap5
Vrystaat5
Gauteng239
KwaZulu-Natal15
Limpopo9
Mpumalanga10
Noordwes7
Noord-Kaap6
Wes-Kaap16
Totaal312

 

Nog 10 Covid-19-verwante sterftes is bevestig, wat die totale aantal sterftes op 89 584 te staan bring.

Altesame 2 715 mense word tans vir die koronavirus in die hospitaal behandel nadat nóg 37 mense sedert die vorige verslag opgeneem is.

Minstens 2 821 481 in Suid-Afrika het reeds van Covid-19 herstel.

Volgens die departement van gesondheid is altesame 110 064 dosisse van die entstof Maandag toegedien.

* Volgens Nios is dit moontlik dat daar ʼn teenstrydigheid kan wees in die getal gevalle en persone wat in die Wes-Kaap herstel het, omdat dié provinsie se syfers tans gevalle insluit waar mense weer die virus opgedoen het en gevalle wat deur antigeentoetse bevestig is. Dit word nie by die nasionale statistieke ingesluit nie. Die getal gevalle van persone wat in die Wes-Kaap herstel het, bly dus staties op die nasionale verslae. Nios werk saam met die provinsiale departement van gesondheid om dié teenstrydighede op te klaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Casper ·

Word meer gevalle blootgelê a g v meer toetse wat gedoen word?Van die gevalle wat positief getoets het is ‘n lae persentasie gehospitaliseer en min sterftes is aangemeld.Is die ramptoestand nog steeds geregverdig of is dit politieke mag.

VaalDonkie ·

Jy kan uitwerk hoeveel toetse gedoen is deur te kyk na die positiewe gevalle en die positiwiteitskoers. 2.6% meen omtrent 1 uit 40 is positief getoets, so as daar 312 gevalle was, beteken dit sowat 12000 tot 14000 toetse was gedoen.

Henri ·

In ‘n vorige berig het ek gevra oor die ‘oormatige’ sterftesyfer. Dit is maar een barometer om die skaal en omvang van die pandemie te meet. Maar gesien in die lig van die wêreld se aanwas, is die pandemie nie eers ‘n spoedhobbel nie.

Wat globale verwarming, ontbossing en rommel aanbetref, gaan dit ook net vererger. Enige populasie wat só aanhou groei, gaan êrens ‘n massiewe inploffing ervaar, hetsy ‘n ernstige pandemie, oorlog en/of hongersnood.

Ons is ‘n beperkte tydjie gegun in die Skepping. Gebruik dit en leef positief!

Henri ·

Ek kan lees en het statistiek op tersiêre vlak geneem. Data wat ek sien, is glad nie wat jy noem nie. Die wêreld se groeikoers het oor die afgelope 2 dekades konstant met 0,02% per jaar afgeneem. Indien wat jy sê reg is, moes dit dan met 0,04% of meer afgeneem het oor die laaste 2 jaar en dit is nie so nie. Die grootste val die afgelope 2 dekades in die aanwas persentasie was van 1991 na 1992 met ‘n 0,07% val. Ek kan maar net aanneem dit was die oorsaak van HIV/VIGS. En daar was nie hierdie drakoniese inperkings nie en die siekte is ook nog met ons.

VaalDonkie ·

Maandae se syfers is altyd laer. Het dit te doen met waar die toetse gedoen word? Bv. word die toetse by dokters spreekkamers ook gedoen en dan by die statistieke ingesluit? Want dis elke week se storie: Maandag is daar 100, dinsdag 200 en dan die res van die week 300 (of ten minste volg dit daai patroontjie).

KB ·

Maandag se syfers in die media is eintlik Saterdag se werklike syfers. In SA is alle Covid-syfers twee dae oud. Het niemand in 18 maande dit nog agter gekom nie? Dis so duidelik soos daglig.

Pietertjie ·

Dis nie goeie nuus vir die Desember inperkings-planne nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.