Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers daal steeds

Argieffoto bloot ter illustrasie van die koronavirus. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het nou meer as 2 708 900 bevestigde Covid-19-gevalle met 10 346 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het bevestig dat 2 708 951 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 18,6%.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (31%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (20%) en die Oos-Kaap (20%). Die totale aktiewe gevalle is 164 389.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 79 953 nadat nog 369 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 464 609 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 91%.

Suid-Afrika het tot dusver 16 096 581 toetse vir Covid-19 gedoen, 55 678 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 493 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 13 974 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 11 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap2 103258 327
Vrystaat750143 341
Gauteng952899 601
KwaZulu-Natal3 160459 854
Limpopo189118 573
Mpumalanga491141 124
Noordwes311140 529
Noord-Kaap36177 473
Wes-Kaap2 029470 129
Totaal10 3462 708 951

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap13 489229 501
Vrystaat6 177122 596
Gauteng18 459870 903
KwaZulu-Natal13 136389 648
Limpopo3 816111 691
Mpumalanga1 827141 124
Noordwes3 471121 069
Noord-Kaap1 93369 168
Wes-Kaap17 645415 751
Totaal79 9532 464 609

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.