Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers daal steeds

(Argieffoto: Unsplash)

Die positiwiteitskoers vir nuwe Covid-19-toetse daal steeds en staan op 18,8% nadat nog 6 590 nuwe gevalle bevestig is.

Die departement van gesondheid sê die nuwe gevalle bring die getal laboratoriumbevestigde gevalle op 2 546 762 te staan.

Nog 189 Covid-19-verwante sterftes is bevestig. Tot dusver is 75 201 mense reeds weens die virus in Suid-Afrika dood.

Daar is tans 151 758 aktiewe koronavirusgevalle en 2 319 803 mense het reeds herstel.

Meer as 15,3 miljoen toetse is reeds vir Covid-19 gedoen, waarvan 35 100 in die afgelope 24 uur. Altesame 12 955 (37%) van nuwe toetse is in die private sektor gedoen en 22 145 (63%) deur die staat.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in die Wes-Kaap (30%), gevolg deur KwaZulu-Natal (23%), Gauteng (19%), die Oos-Kaap (11%), Mpumalanga, die Vrystaat en Noordwes (4% elk), en die Noord-Kaap en Limpopo (2% elk).

Die getal nuwe gevalle (6 590) is laer as ʼn dag tevore (6 787) en ook laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die voorafgaande sewe dae (10 921). Die sewedag-gemiddeld het ook gedaal.

Daar was wel ʼn toename in hospitaalopnames oor die afgelope 24 uur en nog 450 mense is in hospitale opgeneem.

Dinsdag is 176 752 inentings landwyd gedoen wat die algehele syfer op 8 811 608 te staan bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Baardman ·

Hulle moet die stats nou regkry, anders gaan die 4e golf dalk die Desembervakansie mis.

Jedi Knight ·

Deesdae hoef n mens nie meer na komedies te kyk nie. Lees net die daaglikse nuus.

Francois Le Cochon ·

Oemfaan, as ek al die berigte lees van tragiese sterftes weens covid, soos die bruid wat oorlede is voordat sy haar troufotos gesien het, en jy vind dit komies, dan moet jy ‘n baie verwronge sin vir humor he^!

Jedi Knight ·

Die sterftes is beslis tragies. Ek verwys eintlik na die delta variant, en nou die nuwe delta plus. Wat is volgende? Delta Gold? Delta Platinum? Die mensdom is regtig soms……uhmmm…snaaks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.