Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers daal verder

Argieffoto (Foto: Jam Sta Rosa/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 2 267 nuwe gevalle is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 7,5% verteenwoordig. Dit bring die totale gevalle op 3 657 091 te staan.

Nog 319 sterftes is sedert die vorige verslag aangemeld, waarvan 9 sterftes die afgelope 24 – 48 uur aangemeld is. Dit bring die dodetal op 98 617 te staan. Volgens Nios is daar steeds ʼn agterstand wat die aanmelding van Covid-19-sterftes betref weens die voortgesette oudit deur die departement van gesondheid.

Minstens 22 860 591 toetse is reeds gedoen.

Die meeste van die nuwe gevalle wat sedert die vorige verslag aangemeld is, is van Gauteng (37%), gevolg deur die Wes-Kaap (20%). KwaZulu-Natal verteenwoordig 12%; Mpumalanga 10%; Noordwes en Vrystaat elk 6%; Limpopo en die Oos-Kaap elk 4%; en die Noord-Kaap 2%.

Sedert die vorige verslag was daar ʼn toename van 36 hospitaal-opnames. Daar is tans 3 323 Covid-19-pasiënte in 666 staat- en privaat hospitale.

Altesaam 3 521 246 persone (96,3%) het reeds herstel.

Altesaam 30 957 204 dosisse entstof is reeds toegedien.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieNuwe gevalleGevalle
Oos-Kaap85342824
Vrystaat130199800
Gauteng8471186517
KwaZulu-Natal271649479
Limpopo85154118
Mpumalanga230190014
Noordwes140189712
Noord-Kaap36108028
Wes-Kaap443636599
Totaal22673657091

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap16461325547816342824
Vrystaat75491896472604199800
Gauteng20538115734686331186517
KwaZulu-Natal1594462049213043649679
Limpopo4469148987662154118
Mpumalanga46191842291166190014
Noordwes46441832971771189712
Noord-Kaap2705986686655108028
Wes-Kaap216886130331878636599
Totaal986173521246372283657091

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Christine ·

Ag nee kyk, ek en my man plus my vriendin het covid gehad. Ons het dit nie eens aangemeld of gegaan vir toetsing nie, sommer net dokter toe vir medisyne en het ten volle herstel. My vriendin is ten volle ingeent, maar baie sieker as ek en my man wat glad nie ingeent is nie. Dit het ons gewys dat die inenting glad nie die virus en simptome verlig vir die ingeentes nie. Dit hang af van jou eie leefwyse, eetgewoontes en immuunstelsel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.