Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers daal verder

(Foto ter illustrasie: pixabay)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het Dinsdag bevestig dat die positiwiteitskoers vir nuwe Covid-19-toetse nou op 8,4% staan.

Meer nuwe gevalle (3 699) is wel as ʼn dag tevore (2 640) aangemeld.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (25%) aangeteken, gevolg deur die Oos- (18%) en Wes-Kaap (17%). Die Vrystaat maak 14% van die aantal nuwe Covid-19-gevalle uit terwyl 9% in Gauteng, 8% in die Noord-Kaap, 5% in Noordwes, 4% in Mpumalanga en 1% in Limpopo aangeteken is.

Oos-Kaap663
Vrystaat508
Gauteng331
KwaZulu-Natal932
Limpopo48
Mpumalanga134
Noordwes169
Noord-Kaap281
Wes-Kaap633
Totaal3 699

 

Minstens 90 540 het tans Covid-19, van wie 9 947 in die hospitaal behandel word.

Altesame 300 Covid-19-verwante sterftes is Dinsdag aangemeld wat die algehele sterftesyfer op 85 302 te staan bring.

Minstens 2 864 534 mense in Suid-Afrika het nou al Covid-19 opgedoen, van wie 2 688 692 van die virus herstel het.

Luidens die departement van gesondheid se statistieke het minstens 15 188 787 mense al minstens een dosis entstof teen Covid-19 ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.