Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers is 34,9%

(Foto: EMMANUEL CROSET/AFP)

Altesame 23 884 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ʼn totaal van 3 204 642 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 34,9%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (36%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (22%) en die Wes-Kaap (13%). Die totale aktiewe gevalle is 170 900.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 90 172 nadat nog 24 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 943 570 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 91,9%.

Suid-Afrika het tot dusver 20 352 343 toetse vir Covid-19 gedoen, 68 437 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 599 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 6 895 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 27,3 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap1 7447 991
Vrystaat1 4099 533
Gauteng8 68578 207
KwaZulu-Natal5 20529 216
Limpopo7676 981
Mpumalanga1 1088 389
Noordwes1 45312 923
Noord-Kaap3332 548
Wes-Kaap3 18015 112
Totaal23 884170 900

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 244279 233
Vrystaat7 121158 103
Gauteng19 810980 206
KwaZulu-Natal14 814504 220
Limpopo4 110121 273
Mpumalanga2 021154 903
Noordwes4 354149 638
Noord-Kaap2 43490 637
Wes-Kaap20 264505 357
Totaal90 1722 943 570

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Quito ·

“27,3 milj is ingeënt”.
Is dit ten volle ingeëntes, of aantal inentings (1 of 2 of 2+booster)?

Herman ·

Ek dink dit is totale inspuitings, nie persone nie. Maw as jy 2 inspuitings gekry het tel dit vir 2 en nie 1 nie. Ek mag verkeerd wees.. Maar ek glo nie ons staan op 45 % van bevolking wat ingespuit is nie.

Erik ·

Ek gaan so bietjie teen my eie standpunt in vandag, maar ek wonder, indien niemand geweet het van Covid nie, of dit nie maar verby sou gegaan het soos ‘n verkoue op die oomblik nie. Ek weet dis ernstig en mense gaan dood, maar Omikron doen feitelik niks? As ek nou sou siek raak, sou ek myself verseker nie laat toets nie.

Ek is wel ingeënt en weet dat daar tye was wat die hospitale oorweldig was agv Covid, maar dis duidelik nie nou die geval met Omikron nie. Ek hoop geen ernstiger maatreëls word in plek gesit nie. Daar is tans geen doel met dit nie.

Mercia ·

Ek kon met alles saamstem wat jy in hierdie plasing van jou gesê het Erik. Dit is ‘n logiese gevolgtrekking en dis beslis nodig om na hierdie gebeurtenisse van die afgelope jaar of meer te kyk met ‘n gees van onderskeiding.

Dirk Mostert ·

Slegs 599 hospitaalgevalle uit 68,437 toetse. Myns insiens is die positiwiteit slegs 0.875%. Slegs 6,895 in hospitale van 170,900 aktiewe gevalle. Dis ‘n PCR-toets pandemie.

MakersMark ·

Gelukkig het mense hul eie diskresie om te toets of nie. Dis hul reg ook.

Yolandie ·

Hulle sal dit nooit so stel nie, net nou is mense nie meer in absolute vrees nie en wanneer dit gebeur is Covid verby vir altyd!

Yolandie ·

Hulle sal ook nooit vir ons dit sê nie. Nog nooit gehoor van iemand wat dood is, wat geen ander onderliggende probleme gehad het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.