Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers klim weer

Daar is tans 195 493 aktiewe koronavirusgevalle in die land.(Argieffoto: Unsplash)

Minstens 2 112 336 in Suid-Afrika het nou reeds die koronavirus opgedoen nadat nog 21 427 nuwe gevalle oor die afgelope 24 uur aangeteken is.

Dié toename bring die positiwiteitskoers op 30,3% te staan teenoor 26,2% die vorige dag.

Luidens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se jongste verslag is 70 797 mense sedert die vorige verslag vir Covid-19 getoets.

Daar is tans 195 493 aktiewe koronavirusgevalle in die land.

Die algehele sterftesyfer staan op 63 039 nadat nog 411 Covid-19-verwante sterftes bevestig is. Statistieke dui aan dat altesame 1 853 804 mense al van die virus herstel het.

’n Toename van 827 hospitaalopnames is oor die afgelope 24 uur aangemeld wat beteken dat 15 450 pasiënte tans vir die virus in die hospitaal behandel word. Die meeste mense word in private hospitale landwyd behandel (9 578).

Gauteng bly die provinsie met die meeste nuwe gevalle (10 538), gevolg deur die Wes-Kaap (2 820), Limpopo (1 858), Noordwes (1 774) en KwaZulu-Natal (1 616).

Altesame 1 218 nuwe Covid-19-gevalle is in Mpumalanga bevestig, gevolg deur 682 in die Oos-Kaap, 604 in die Vrystaat en 317 in die Noord-Kaap.

Nog 181 829 mense is sedert die vorige verslag teen Covid-19 ingeënt.

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.