Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers laer as 5%

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Minstens 18 112 mense in Suid-Afrika het nou Covid-19 onder lede nadat nóg 671 nuwe virusgevalle Maandag aangemeld is.

Die jongste styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 4,6%.

Die algehele sterftesyfer bly bestendig op 99 725 nadat geen Covid-19-verwante sterfte in die afgelope 24 tot 48 uur deur die departement van gesondheid aangemeld is nie.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (45%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (20%), KwaZulu-Natal (18%), Mpumalanga en die Noordwes (5% elk), Vrystaat en Limpopo (3% elk), Oos-Kaap (2%) en die Noord-Kaap (1%).

ProvinsieAantal nuwe gevalle op 14 Maart aangemeld
Oos-Kaap12
Vrystaat18
Gauteng299
KwaZulu-Natal119
Limpopo18
Mpumalanga32
Noordwes32
Noord-Kaap8
Wes-Kaap133
Totaal671

Minstens 2 234 pasiënte word nou vir Covid-19 in die hospitaal behandel nadat nog 24 mense Maandag opgeneem is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se statistieke het altesame 3 695 175 mense in Suid-Afrika al die virus opgedoen, van wie byna 96,2% reeds herstel het.

Daar is altesame al 23 424 639 Covid-19-toetse gedoen, waarvan 14 440 Maandag gedoen is.

Volgens die departement van gesondheid is altesame 75 853 dosisse van die entstof sedert die vorige verslag toegedien, terwyl 32 630 886 dosisse sedert die aanvang van die land se inentingsprogram toegedien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jana ·

Dit is baie goeie nuus!! Kan ons ASSEBLIEF die maskers los? Ek wil weer mense se gesigte sien…

Martie ·

Dis goeie nuus!
Ek sien egter dat daar weer gevalle is wat skerp styg in die res van die wêreld…. is daar ‘n nuwe variant, of is dit die Omnikron-variant(e) wat daar woed?

Hendrik Daniël ·

Dit behoort steeds Omikron te wees. Ek vermoed dit gaan saam met die slapper maatreëls, maar dis waarskynlik goed want natuurlike immuniteit weens Omikron is na my mening die beste wat nou kan gebeur.

Hendrik Daniël ·

Covid-19 se weeklikse gevalle wêreldwyd styg nou effens nadat dit mooi gedaal het. Die lande (met weeklikse bydrae en vol-inentingskoers in hakies) wat die grootste bydraers tot die huidige styging is, is:
Suid-Korea (2.2 miljoen, 86.6%)
Duitsland (1.4 miljoen, 75.0%)
Viëtnam (1.7 miljoen, 79.0%)
Brasilië (0.32 miljoen, 73.7%)
Frankryk (0.46 miljoen, 77.7%)
Japan (0.38 miljoen, 79.7%)
Nederland (0.46 miljoen, 72.0%)
VK (0.42 miljoen, 72.1%)
Italië (0.35 miljoen, 79.0%)
Oostenryk (0.29 miljoen, 72.8%)
Australië (0.24 miljoen, 80.3%)
Let op die hoë vol-inentingspersentasies van al hierdie lande, en dat die lae ingeënte lande nie noemenswaardige bydraes lewer tot hierdie nuutste styging nie [bv SA (0.01 miljoen, 29.2%)].
Weereens weerspreek dit die aansprake van inentingspropagandiste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.