Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers nou meer as 10%

(Argieffoto: Unsplash)

Die Covid-19-positiwiteitskoers staan nou op 10,7% nadat nog 2 273 nuwe gevalle van die virus aangemeld is.

ʼn Epidemioloog voorspel intussen dat Suid-Afrika teen die einde van die week reeds meer as 10 000 nuwe Covid-19-gevalle per dag kan verwag. Prof. Salim Abdool Karim, voormalige voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19, het Maandag gewaarsku dat die nuwe Omikron-variant waarskynlik ʼn styging in Suid-Afrika se koronavirusgevalle tot gevolg sal hê.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê daar is tans 24 418 aktiewe gevalle van die virus en ʼn algehele 2 963 679 gevalle is sedert die uitbreking van die pandemie aangemeld. Hiervan het 2 849 439 mense reeds herstel.

Altesame 21 302 toetse vir die koronavirus is sedert die vorige verslag gedoen, heelwat minder as die 29 245 van ʼn dag tevore.

Nog 25 nuwe sterftes is bevestig wat die algehele syfer op 89 822 te staan bring.

Gauteng is steeds die provinsie met die meeste nuwe gevalle (84%), gevolg deur die Wes-Kaap (5%), KwaZulu-Natal (3%), Mpumalanga en Noordwes (2% elk), asook die Vrystaat en Limpopo (1% elk). Minder as 1% van gevalle is in onderskeidelik die Oos- en die Noord-Kaap aangemeld.

Die persentasie nuwe positiewe gevalle is 10,7%, hoër as die 9,8% waarop dit ʼn dag tevore gestaan het. Die sewedaggemiddeld is nou 7,3%, ook hoër as die 6,1% van ʼn dag tevore.

Volgens Nios is nog 79 mense in die 24 uur voor die uitreik van die jongste verslag in hospitale opgeneem om vir Covid-19 behandel te word en tans ontvang 2 328 mense in hospitale landwyd behandeling vir die virus.

Nog 166 074 dosisse van die entstof is intussen toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

annie ·

Gewese kundige… Abdool werk mos nou vir WHO-who. Indien Cyril wil kan laat vlieg sal hy die oom moet kalmeer want hy predik rampspoed en ellende vir al wat leef en nog nie beef. Gaan die huidige entstof vir alle tipes help of het ons nou black Friday-uitverkopings van ou stock.

Henri ·

Hoekom neem gevalle nóú toe? Mag dit dalk van die verkiesing op 1 November wees?

Nee. Wag. Ek is absurd. Die virus word slegs met sosiale byeenkomste versprei. Soos Kerkdienste, skolesport, vakansie, braai en die gebruik van alkohol.

Harley Davidson ·

En nou word brandstof so duur dat jy nêrens heen kan gaan nie ,wat snaaks is ek het gereeld gelees die afgelope paar maande dat die regering gaan ‘n totale inperking toepas oor Desember.

Gilla ·

Petrolprys gaan gewoonlik Desember op, niks te doen met covid.

JohnnyS ·

Alles gaan op – Regering kort geld om te betaal vir al die “vaccines”

Ilze ·

As ek nou nog een keer die woord “waarsku” hoor. Gaan koop maar julle voggies vir Desember.

Robert ·

Ja ek dink hulle krap vir verskonings om die land te sluit.

Robert ·

Amper 3 milljoen al herstel!! dit is die merkwaardige syfer wat eerder uitbasuin moet word.

James ·

Binne my familie en vriende kring, het ek my lewe lank al te doen met mense wat verkondig dat ons bestaan hier – bloot tydelik is. ‘n Tipe proeflopie, vir die ewigheid na aardse lewe. Ek verstaan dus nie die skielike vrees vir die dood, wat Covid gebring het nie? Glo hulle nie wat hulself predik nie?

Rose ·

Mense kan se net wat hulle wil maar God kom haal jou wanneer Hy reg is om jou te kom haal, whether dit nou is deur Covid of n kar ongeluk, As dit jou tyd is dan is dit jou tyd

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.