Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers nou op 6,5%

(Argieffoto: Unsplash)

Terwyl dit in hierdie stadium nog onduidelik is of die kommerwekkende B.1.1.529-variant van die koronavirus dalk die vierde Covid-19-vlaag in Suid-Afrika sal dryf, sê die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) nog 2 465 nuwe gevalle van die virus is bevestig.

Dit bring die getal laboratoriumbevestigde gevalle op 2 952 500 te staan. Die styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 6,5%.

Daar is tans 18 768 aktiewe gevalle landwyd en 2 843 961 mense het reeds herstel. Nog 114 sterftes is ook bevestig, wat die algehele syfer op 89 771 te staan bring.

Meer as 38 000 toetse vir die koronavirus is sedert die vorige verslag gedoen.

Verreweg die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (79%), gevolg deur Noordwes (5%), die Wes-Kaap (4%), KwaZulu-Natal en Limpopo (3% elk), Mpumalanga (2%) en die Oos-Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap (1% elk).

Volgens Nios is die proporsie nuwe gevalle 6,5%, ʼn styging van die 3,6% waarop dit ʼn dag gelede gestaan het. Die sewedaggemiddeld het teen Donderdagaand op 3,4% gestaan, hoër as die 2,7% van ʼn dag tevore.

Die departement van gesondheid het vroeër gesê die uitslae van vinnige antigeentoetse sal voortaan by die Covid-19-statistieke gevoeg word en bekend gemaak word. Soos die data by die Covid-19-statistieke bygewerk word, sal toenames in enkele dae gesien kan word, wat weer ’n verdraaiing van die sewe dae bewegende gemiddelde tot gevolg sal hê en dit sal tot ’n ongewone styging op die rapporteringskromme lei.

Nog 98 mense is intussen vir behandeling van Covid-19 in hospitale opgeneem. Dit bring die algehele getal pasiënte wat tans vir die virus behandel word op 2 172 te staan.

Nog 121 359 dosisse van die entstof is Donderdag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Oom Kaspaas ·

Wat is dit nou ….. Nuwe gevalle of nogsteeds Ou gevalle wat bygewerk word ?

Alida ·

Die gevalle van die Rapid Antigen Test is net bygewerk by die groottotaal. Dit is nie by die daaglikse toetse se totale bygetel nie.

Theo ·

Lees die artikel, dit word bygevoeg daagliks, wat n toename in enkele dae kan toon

Magda ·

Blok Gauteng dadelik af soos met laaste keer….. voor die ding weghardloop…… en die hele land affrkteer. Hul wag te lank!

Nicolaas ·

Ons kan nie eers ons grense blok nie maar Gauteng moet geblok word?

Anoniem ·

Nie alle areas in Gauteng is brandpunte nie, isoleer eerder die brandpunte binne ‘n spesifieke area. Dit sal egter nie gebeur nie, want dan lig dit die werklike sondebokke uit en dis mos kwansuis nie reg nie.

Cherokee ·

Ons is genooi na Gauteng, vliegkaartjies ingesluit by die uitnodiging, maar gaan nie darheen, juis omdat ‘n lock down met sluiting van grense, dalk op pad is.

Lizanne ·

Lande wat baie ingeent is het weer inperking. Wat het inenting hulle gehelp? Gaan kyk na Israel… Gibraltar en vele meer. Maak dit sin?

Theo ·

Skerp styging in gevalle is weens die nuwe variant… daar oor die 2000 nuwe gevalle… maar slegs 77 bevestigde gevalle van die nuwe variant… maar die nuwe variant is die rede vir die skerp styging… hoe maak dit enigsins sin?

Suzette ·

Theo niks maak meer sin nie. Van Maart 2020 val alles uitmekaar

francois ·

wat ek graag wil weet 2maande terug was ons getalle baie laag nou ewe skielik skiet getalle die hoogte in en nou is daar sommer n nuwe variant. En dit net mooi voor die feestyd my persoonlike opinie die hele covid ding word gemanupileer om ons land en welerd se mense te onder druk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.