Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers op 19%

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Altesame 1 954 nuwe gevalle van die koronavirus is in Suid-Afrika geïdentifiseer. Dié gevalle verteenwoordig ’n positiwiteitskoers van 19,3%. Dié koers het met byna 3% gestyg sedert die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se vorige verslag (16,7%).

Volgens Nios is 3 764 865 bevestigde Covid-19-gevalle nou reeds sedert die uitbreking van Covid-19 twee jaar gelede in Suid-Afrika aangemeld.

Die sterftesyfer weens Covid-19 het intussen op 100 333 te staan gekom nadat nog 30 sterftes aangemeld is, waarvan slegs twee in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Nog 65 Covid-19-pasiënte is sedert die vorige verslag in ’n hospitaal opgeneem. Altesame 2 282 pasiënte word tans vir Covid-19 in die hospitaal behandel.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (55%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (23%) en die Wes-Kaap (11%).

Daar is tans 30 086 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het meer as 3,6 miljoen mense van die virus herstel.

Meer as 34,6 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

ProvinsieNuwe gevalle op 25 April 2022Totale gevalle tot 25 April 2022
Oos-Kaap36347 226
Vrystaat52203 566
Gauteng1 0811 231 192
KwaZulu-Natal446670 307
Limpopo13156 284
Mpumalanga40194 368
Noordwes35193 937
Noord-Kaap29109 322
Wes-Kaap222658 663
Totaal1 9543 764 865

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.