Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers op 5,8%

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Saterdagaand altesaam 3 693 532 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 1 571 nuwe gevalle is aangemeld. Die jongste positiwiteitskoers is 5,8%.

Nog drie sterftes is aangeteken, waarvan een die afgelope 24 tot 48 uur bevestig is. Dit bring die algehele sterftesyfer op 99 712 te staan.

Altesaam 3 573 469 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. Tans is daar 20 351 aktiewe gevalle van Covid-19.

ʼn Totaal van 27 027 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 15 529 (57,5%) in die private sektor en 11 498 (42,5%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (34%), gevolg deur die Wes-Kaap (24%), KwaZulu-Natal (20%), Noordwes (6%), Mpumalanga (5%), Vrystaat (4%), Oos-Kaap en Limpopo (3% elk) en die Noord-Kaap (1%).

Nuwe gevalle per provinsie:

Gauteng: 533
Wes-Kaap: 382
KwaZulu-Natal: 313
Noordwes: 95
Mpumalanga: 74
Vrystaat: 55
Oos-Kaap: 51
Limpopo: 50
Noord-Kaap: 18

Die departement van gesondheid het aangedui dat altesaam 32 540 997 inentings teen Saterdagaand gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bernard ·

Wow! Drie sterftes! Gelyk aan 135 minute se moordstatistiek in ons land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.