Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers op 8%

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Suid-Afrika se getal Covid-19-infeksies is steeds besig om af te neem.

Nog 3 286 Suid-Afrikaners het egter sedert die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se vorige verslag positief getoets vir Covid-19 terwyl nog 164 pasiënte weens die virus gesterf het.

Die land se dodetal staan nou op 86 116 met 2 880 349 bevestigde gevalle tot op hede.

Die jongste toename in infeksies verteenwoordig ’n positiwiteitskoers van 8%.

Die Nios sê die getal nuwe infeksies is laer as die dag tevore (3 648) en laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle per dag gedurende die sewe voorafgaande dae (3 731).

Daar is tans 65 272 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 2 728 961 mense van die virus herstel.

KwaZulu-Natal is in dié stadium verantwoordelik vir die meerderheid nuwe gevalle (25%) gevolg deur die Oos-Kaap (16%) en die Wes-Kaap (15%).

Die Vrystaat het 12% van die nuwe gevalle aangemeld gevolg deur Gauteng (11%). Die Noord-Kaap is tans verantwoordelik vir 8% van nuwe gevalle en die Noordwes op sy beurt vir 7% van nuwe gevalle. Mpumalanga het 5% en Limpopo maar 1% van die nuwe infeksies aangemeld.

ProvinsieNuwe gevalle op 18 September 2021Totale gevalle tot en met 18 September 2021
Oos-Kaap526287 505
Vrystaat378158 804
Gauteng351913 845
KwaZulu-Natal834506 401
Limpopo37121 541
Mpumalanga161149 757
Noordwes230148 364
Noord-Kaap26788 322
Wes-Kaap502505 810
Totaal3 2862 880 349

Altesame 8 841 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel nadat nog 101 Covid-19-pasiënte intussen in ’n hospitaal opgeneem is.

Nog 51 234 inentings is intussen toegedien. Byna 16 miljoen mense is tot dusver teen die koronavirus ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Owlie

Hoe verwag enige een dat infeksie koerse ten volle moet afneem as daar steeds areas is waar inwoners glo covid bestaan nie, areas waar in bondels sonder maskers en social distancing gekuier word, areas waar 100de pendelaars in rye staan sonder social distancing om in taxis te klim Enige virus word versprei wanneer onskuldige mense in haglike toestande moet leef, by 100de verby loop of selfs saam in n taxi/bus/trein klim om te gaan werk Onskuldige hardwerkende mense dra die kiem/virus onwetend na hul werksplek en dra dit so oor na ander onskuldige mense terwyl hoogs betaalde mense in duur… Lees meer »

JJB

Julle moet dalk ‘n opname doen om te hoor of Maroela lesers nog daagliks Covid nuus wil hoor. Met ‘n jaarlikse sterftekoers van 0.1% van die totale bevolking is dit beswaarlik ‘n pandemie. Daarvoor het ons sekere sektore van die SA ekonomie verwoes, ou mense vereensaam, families geskei tydens kritiese gebeurtenisse en leef ons steeds sonder sommige mees basiese vryhede. Dit het ook ‘n geleentheid geskep vir wydverspreide magsvergrype en korrupsie. Die virus is nie die grootste probleem nie – ons oordrewe reaksie daarop is.

Anel

En hulle het gesê die 4de vlaag gaan ons tref op 2 Desember en duur tot 15 Februarie! Wys net was se klug en manupilasie hierdie is. Niks met siekte te doen. Mags vergrype en manupilasie!!

Pieter

Met 0.1% sterftesyfer waarvan 80% waarskynlik foutief is vanweë ‘n onbetroubare PCR toets wat gebruik word om vir COVID te toets is daar nie sprake van ‘n pandemie. Met 17% van die bevolking nog nie ingespuit sal daar nog meer oningespuite mense in hospitale opgeneem wees. Die inspuiting beskerm jou in elk geval nie teen infeksie of dood nie. Hoekom wil dit dan vat?

Madeleine

Kan nie glo daars nog mense wat Covid en vaxx nie kan sien as n groot hoax nie!