Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers op 8%

Argieffoto (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Suid-Afrika se getal Covid-19-infeksies is steeds besig om af te neem.

Nog 3 286 Suid-Afrikaners het egter sedert die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se vorige verslag positief getoets vir Covid-19 terwyl nog 164 pasiënte weens die virus gesterf het.

Die land se dodetal staan nou op 86 116 met 2 880 349 bevestigde gevalle tot op hede.

Die jongste toename in infeksies verteenwoordig ’n positiwiteitskoers van 8%.

Die Nios sê die getal nuwe infeksies is laer as die dag tevore (3 648) en laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle per dag gedurende die sewe voorafgaande dae (3 731).

Daar is tans 65 272 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 2 728 961 mense van die virus herstel.

KwaZulu-Natal is in dié stadium verantwoordelik vir die meerderheid nuwe gevalle (25%) gevolg deur die Oos-Kaap (16%) en die Wes-Kaap (15%).

Die Vrystaat het 12% van die nuwe gevalle aangemeld gevolg deur Gauteng (11%). Die Noord-Kaap is tans verantwoordelik vir 8% van nuwe gevalle en die Noordwes op sy beurt vir 7% van nuwe gevalle. Mpumalanga het 5% en Limpopo maar 1% van die nuwe infeksies aangemeld.

ProvinsieNuwe gevalle op 18 September 2021Totale gevalle tot en met 18 September 2021
Oos-Kaap526287 505
Vrystaat378158 804
Gauteng351913 845
KwaZulu-Natal834506 401
Limpopo37121 541
Mpumalanga161149 757
Noordwes230148 364
Noord-Kaap26788 322
Wes-Kaap502505 810
Totaal3 2862 880 349

Altesame 8 841 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel nadat nog 101 Covid-19-pasiënte intussen in ’n hospitaal opgeneem is.

Nog 51 234 inentings is intussen toegedien. Byna 16 miljoen mense is tot dusver teen die koronavirus ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Owlie ·

Hoe verwag enige een dat infeksie koerse ten volle moet afneem as daar steeds areas is waar inwoners glo covid bestaan nie, areas waar in bondels sonder maskers en social distancing gekuier word, areas waar 100de pendelaars in rye staan sonder social distancing om in taxis te klim Enige virus word versprei wanneer onskuldige mense in haglike toestande moet leef, by 100de verby loop of selfs saam in n taxi/bus/trein klim om te gaan werk Onskuldige hardwerkende mense dra die kiem/virus onwetend na hul werksplek en dra dit so oor na ander onskuldige mense terwyl hoogs betaalde mense in duur voertuie ry en fancy huise bly. Inentings word af gedwing sonder enige bewyse dat inentings werk – inteendeel die so called vaccines wat reeds toe gedien is word reeds bevraagteken teen die nuutste variante Los n vaccine vir vryheid van keuse en hou op om mense aan te val wat die vaccine neem of nie neem nie elkeen het n vryheid van keuse Bring vaccine passport uit en meer bedighede gaan toemaak

annie ·

Au, auuu… Wat het ryk en arm uit te waai met ongelowige Thomasse wat geen reël wil volg nie. Dis net te lekker. Kommunisme en liberalisme en sosialisme buiten brute aanwas en eiegeregtigheid is ter sprake… Au, auuu… Stig ‘n kommunistiese party. O, daar is een…

Snowball ·

Wat het duur motors en fancy huise met Covid te doen? Is die mense wat eie motors en huise het lui en skuldig en dié wat openbare vervoer gebruik “hardwerkend en onskuldig”?

Francois Le Cochon ·

Die voordele van die entstof is wyd bekend. Mediese Fondse kommunikeer ook gereeld met hul lede en hou hul ingelig. Mense wat nie aan mediese fondse behoort nie, val maar rond met die feite.

MakersMark ·

So dis almal se skuld behalwe die wat in haaglike omstandighede bly, maar om hul te beskerm moet hul nie ingeênt word nie ? Moet asseblief nie inskryf vir ‘n vasvra of algemene kennis kompetisie nie.

JJB ·

Julle moet dalk ‘n opname doen om te hoor of Maroela lesers nog daagliks Covid nuus wil hoor. Met ‘n jaarlikse sterftekoers van 0.1% van die totale bevolking is dit beswaarlik ‘n pandemie. Daarvoor het ons sekere sektore van die SA ekonomie verwoes, ou mense vereensaam, families geskei tydens kritiese gebeurtenisse en leef ons steeds sonder sommige mees basiese vryhede. Dit het ook ‘n geleentheid geskep vir wydverspreide magsvergrype en korrupsie. Die virus is nie die grootste probleem nie – ons oordrewe reaksie daarop is.

Harry ·

Miskien moet jy dalk gaan stil sit en mooi dink oor hierdie pandemie en die inperkings en mooi dink wat sou gebeur het as al die maatreels nie toe gepas was nie, dink mooi voor julle sulke simpel goed se oor die pandemie!

Anel ·

En hulle het gesê die 4de vlaag gaan ons tref op 2 Desember en duur tot 15 Februarie! Wys net was se klug en manupilasie hierdie is. Niks met siekte te doen. Mags vergrype en manupilasie!!

Francois Le Cochon ·

Anel, die regering in net die boodskapper wat wetenskaplikes se bevindinge oordra. Onthou, “don’t shoot the messenger”.

MakersMark ·

So waar kom al die siekes in hospitale vandaan en het die aliens die dooies agv CV19 weggevoer ? So CV19 en die verlies wat families ly is ‘n fabel van jou verbeelding ?

Pieter ·

Met 0.1% sterftesyfer waarvan 80% waarskynlik foutief is vanweë ‘n onbetroubare PCR toets wat gebruik word om vir COVID te toets is daar nie sprake van ‘n pandemie. Met 17% van die bevolking nog nie ingespuit sal daar nog meer oningespuite mense in hospitale opgeneem wees. Die inspuiting beskerm jou in elk geval nie teen infeksie of dood nie. Hoekom wil dit dan vat?

Pieter ·

Daar is wel ‘n pandemie van magsvergrype soos wat iemand anders reeds gesê het.

Thom ·

My hele familie is in die mediese-wêreld ; die inspuiting beskerm jou ten volle teen die dood aan Covid __ ons verloor nie pasiënte wat volledig ingeënt was nie en ons kry nie pasiënte deur wat ernstige Covid-infeksie kry wat nie ingeënt was nie maar ons lieg seker almal en / of ons is deel van die komplot . Ons het seker almal die eed afgelê net om nou almal te belieg oor ‘n virus !?

MakersMark ·

99% van mense huidiglik in hospitale agv CV19 is nie ingeent nie. Deur te se inenting werk nie is om vals informasie te versprei.

Madeleine ·

Kan nie glo daars nog mense wat Covid en vaxx nie kan sien as n groot hoax nie!

Snowball ·

Wragtig né? En hospitale se suurstofverbruik wat verdriedubbel is ook deel van die hoax? Almal is in daarop om Jan Alleman te bedrieg…

MakersMark ·

In die fliek Oh schacks it’s Schuster is daar “Hoax Wyn”……..vat nog ‘n glasie.

Francois Le Cochon ·

Madeleine, begraafplase raak vol, begrafnisondernemers kan nie voorbly nie, en krematoruims kan nie byhou nie. Hoe verklaar jy dit? Daar is mense wat glo dat die wereld als ‘n illusie is. As jy jou oe toemaak bestaan die wereld nie. Is jy bereid om na covid pasiente in ‘n hospitaal te gaan en vir hulle te se^ om huis toe te gaan, want covid is net ‘n hoax?

Anoniem ·

Kan nie glo daar is nog mense wat dink dit is ‘n hoax nie

Thom ·

Ek weer kan nie glo dat soveel Afrikaners veral so behep is met komplot-teorieë nie !

MakersMark ·

Sodra ‘n wetenskaplike konsep bo die intellektuele vuurmaakplek is word die komplot teorie opgeroep. Nes in die middeleeue.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.