Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers op 8,7%

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Vrydagaand altesaam 3 637 673 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 2 862 nuwe gevalle is aangemeld. Die jongste positiwiteitskoers is 8,7%.

Nog 146 sterftes is aangeteken, waarvan agt die afgelope 24 tot 48 uur bevestig is. Dit bring die algehele sterftesyfer op 96 851 te staan.

Altesaam 3 497 041 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. Tans is daar 43 781 aktiewe gevalle van Covid-19.

ʼn Totaal van 32 840 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 18 832 (56,1%) in die private sektor en 14 008 (43,9%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (38%), gevolg deur die Wes-Kaap (16%), KwaZulu-Natal en Mpumalanga (11% elk), Vrystaat, Noordwes en Limpopo (6% elk) en die Oos-Kaap en Noord-Kaap (3% elk).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Gauteng: 1 095
  • Wes-Kaap: 472
  • KwaZulu-Natal: 329
  • Mpumalanga: 312
  • Noordwes: 162
  • Vrystaat: 161
  • Limpopo: 159
  • Noord-Kaap: 90
  • Oos-Kaap: 82

Die departement van gesondheid het aangedui dat altesaam 30 537 877 inentings teen Vrydagaand gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.